Gedagtes, stories ………

??

Posted by: Kokkewiet on: Oktober 21, 2009

Hoekom gebeur dinge nie soos jy dit wil hê nie?

Ek dink ons is bedoel vir mekaar. Die tyd saam was so kortstondig, maar heerlik, wonderlik…..

Ek wens ons kan kans kry om te kyk of dit regtig kan werk, ek glo dit kan!!

Ek mis jou, my alles roep na jou….

Ek wens ek was meer van ‘n go-getter wat nie kon worry wat ander sê of doen nie, en regtig kan baklei vir dit wat ek wil hê. Ek weet ek wil jou hê en ek weet hoe ek oor jou voel, en as ek alles reg lees voel jy dieselfde. Maar jy is so ‘n nice mens, dink net aan ander en nie aan jouself nie – wat van jou geluk????

Ek wens ek kan daar instap en die wat nie daar hoort nie uitboender en jou vir myself opeis!

Maar aan die ander kant glo ek ook, dat alles gebeur soos wat God wil hê. Sy tyd is nie my tyd nie. Hy weet wat vorentoe gaan gebeur en al wil ek hê die tyd moet nou reg wees, is ek nie die een wat daaroor kan besluit nie.

Dalk is dit soos wat Joel Osteen geskryf het, “….miskien is jy(ek) reg vir dit wat moet gebeur,maar God is nog besig om aan die ander persoon(jou) te werk…”

Maar hoe gemaak as my gedagtes heeltyd besig is met jou – vandat ek wakker word tot ek gaan slaap en dan nog in my drome ook?????

Ek kan maar net bid en glo, want as jy die een is vir my, glo ek sal dinge reg uitwerk……..

E

Songs wat my laat terugdink…

Posted by: Kokkewiet on: Julie 28, 2009

Daar is ‘n paar songs wat my altyd laat terugdink aan sekere plekke, mense. Songs wat dadelik die herinneringe oproep, wat my terugvat op ‘n pad van onthou en partykeer verlang ook.

Een wat my altyd laat onthou is die een waarop ek en my eerste liefde gedans het by ‘n skoolsokkie. Ek onthou ek was in matriek en malverlief op die ou! Hy was die tipiese “tall, dark and handsome” soort. Ons was ‘gekys’ vir ‘n rukkie, maar dit het nie uitgewerk nie. Ons was wel saam matriekafskeid toe.

En dan die volgende een laat my altyd terugdink aan ‘n baie goeie vriend van my. Ongelukkig moet ek sê dat hy die stryd teen kanker verloor het. Jacques ek mis jou en die song laat my altyd aan jou dink!!! Dit was sy gunsteling song en hy het hierdie song vir my gespeel toe hy by my probeer vlerksleep het.

Wie kan die fliek Mannequin onthou??

Is daar enige songs wat julle aan iemand of sekere plekke laat dink??

Nog kunswerke

Posted by: Kokkewiet on: Julie 16, 2009

Ek het bietjie lanklaas kom wys wat ek maak, so hier is dit. Ek geniet dit vreeslik!!

Penhouer

Penhouer

 

Skinkbordlappie – nog ‘n ander tegniek met servette.

Skinkbordlap

 

Welkom-bordjie

Welkom bordjie

Moet erken dis regtig lekker om hierdie teddiebere te verf.

Ek is nou besig om ‘n vetvrou te verf, wat ek teen die muur in die sitkamer gaan hang. Ek sal kom wys sodra hy klaar is.

E

Hoe kry jy dit reg???

Posted by: Kokkewiet on: Julie 6, 2009

Hoe kry jy dit reg om gelukkig te wees as twee mense ongelukkig is deur jou toedoen. Hoekom jaloers wees op ander se geluk of die feit dat hulle ‘n kans op geluk het?

Ek verstaan dit nie – dalk sal ek eendag, maar nie nou nie…….

Ek het seer, voel leeg en my gebed(wat ek via e-mail gekry het) is die volgende:

Here, ek kom lê myself as ‘n kleipot in U hande,

al my wisselende emosies, al my trane,

die eendag voel ek as kleipot heel, die ander dag vol krake en soms…

sien ek net skerwe.

Ek weet ek as kleipot is in die BESTE Hande.

U alleen is my hoop om die skerwe op te tel en my weer heel te maak.

Amen!

Nog steeds my kampioen

Posted by: Kokkewiet on: Julie 3, 2009

Dis weer spogtyd vir my.

My seun het weer aan ‘n gimnastiek kompetisie deelgeneem en die keer as deel van die Suid-Vrystaat span.

Daar was vier provinsies wat deelgeneem het en daar was 38 outjies in sy ouderdomsgroep.

Ek is bly om te kan sê dat hy algeheel 10de gekom het, met ‘n skrale .6 verskil in punte tussen hom en die outjie wat gewen het.

Sjoe en om te dink hy het maar net Februarie begin!

Lekker naweek vir almal!!

E

????

Posted by: Kokkewiet on: Junie 18, 2009

Hoekom kan twee mense nie net bietjie geluk gegun word nie????

E

Geluk my ster!!!

Posted by: Kokkewiet on: Junie 15, 2009

Vanoggend wil ek net spog! Ek is so trots op my seun, ek wil sommer bars!!!!

Hy het Suid-Vrystaat klere in Artistiese Gimnastiek gekry en hy doen maar nog net 5maande gimnastiek. Dit wil gedoen wees, my engel!

Nou is dit vir die groot kompetisie einde van die maand in Klerksdorp! Jy moet hard oefen en geniet elke oomblik my seun.

Ek is vreeslik trots op jou!!

Mag julle almal ‘n heerlike week hê!

E

Terug terug terug….

Posted by: Kokkewiet on: Junie 10, 2009

Goed ek is terug, hopelik sonder dat daar weer so lang onderbreking sal wees.

Daar het soveel in die laaste tyd gebeur, dat ek nie eintlik weet waar om te begin nie. Wel hier kom dit en ek gaan sommer vinnig by almal inloer om te sien wat ek alles gemis het.

Ek sal maar begin om die rede te gee, waarom ek so lanklaas geskryf het. Ek het aanvanklik vir een adviseur gewerk, toe kom ‘n tweede een by en nog een en toe nog een. Om vir 4 adviseurs te werk is nie so maklik nie, daar is skaars tyd om asem te haal. Nou ja, ek moes baie dingetjies verander om dit vir myself makliker te maak, en dit gaan nou sommer baie beter. Ek kan darem ook nou sê dat ek nou op die oomblik net vir 3 werk.

Noudat ek dinge bietjie ‘gestreamline’ het hierdie kant, sal ek weer kans kry om te kom skryf.

Ek het net nou twee stukke groot nuus waaroor ek wil skryf(vir my in elk geval), die res sal maar so met die tyd ingehaal moet word.

Ek het vertel van Yvette wat opgehou rook het! Wel ek kan met groot vreugde sê dat sy nou al by die 100dae merk verby is. Ek en Ben-Arthur het haar “beloon” met ‘n goue medalje waarop ‘100 days’ staan!!!

Dan my ander nuus is iets wat hierdie mamma hart sommer baie laat swel van trots! Ja, dit gaan oor my seunskind.

Hy het begin gimnastiek doen en hy doen regtig goed daarin. Hy het nou reeds 3 kompetisies gedoen en het 2 goue medaljes gekry daarvoor. Hy doen artistiese gimnastiek en tydens kompetisies doen hy die volgende: vloer; brug; rekstok en spronge. Die goue medaljes was vir algehele 1ste plek in sy ouderdomsgroep.

Hierdie naweek is nou die groot naweek, want op die kompetisie sal bepaal word of hy in die Suid-Vrystaat span ingesluit word of nie.

Hier is ‘n paar foto’s van sy heel eerste kompetisie.

Ben-Arthur Gimnastiek 001

Hier wag hulle in spanning om te begin.

Ben-Arthur Gimnastiek 004

Ben-Arthur Gimnastiek 005

My Kampioen!!!

Hierdie is iets wat ons twee saam doen, want ek het die afrigters kursus gedoen. Nou kan ek altyd naby wees en sommer ook help as hy by die huis oefen.

E

Baie geluk!!!!

Posted by: Kokkewiet on: Maart 19, 2009

zandra-troue1

Baie geluk met julle 4de huweliksherdenking sus!!! Mag julle nog baie jare saam met die Here loop en sy seën elke oomblik in julle huwelik ervaar!!

Ek is baie lief vir julle en mis julle!!!

E

Verspilde kanse??

Posted by: Kokkewiet on: Maart 12, 2009

Hoe kon jy jou kanse so opmors?

Kyk hoe ver het jy al gekom. Die eerste 7jaar was baie erg, maar jy het ongedeerd of amper ongedeerd daarvan af gekom. Jy het liggaamlik niks oorgekom nie, ja jou hart is gebreek. Jou ma is weg, jou pa kan nie vir jou sorg nie. Waarnatoe nou het jy dalk gewonder??

Daar word iemand oor jou pad gestuur wat jou inneem. Baie liefde gee, jou koester, drukkies uitdeel, jou alles gee waarsonder jy vir so lank moes klaarkom. Jy het die kans gekry om iets van jou lewe te maak, al het jou storie nie goed begin nie, kan dit ‘n wonderlike einde hê!!!

MAAR WAT DOEN JY????????

Jy gooi al die liefde terug na die persoon wat dit die minste verdien, jy wil jou eie kop volg. Jy dink jy is groot genoeg om jou eie besluite te kan neem, maar jy het nog ‘n lang pad om te loop voor jy dit sal kan doen.

Wat het jy gedink?? NEE, jy het nie gedink nie, jy het net aan jouself gedink en aan die kortstondige plesier wat jy kan kry en wat het jy daaruit gekry??? NIKS, ABSOLUUT NIKS!!!!

Maar jy het ontsettend baie verloor en jy kan niemand anders blameer as net jouself nie. Jy toon geen berou nie, maar glo my eendag gaan jy lang trane huil en dan is dit te laat om enigiets reg te maak by die mense waar dit saakmaak.

Jy is besig om jou hele toekoms weg te gooi en dis alles deur jou eie toedoen en niemand anders sin nie. Moet nooit, maar NOOIT ‘n vinger wys na die een persoon wat net goed in jou lewe gedoen het nie!!

Mag jy gespaar bly van baie hartseer en pyn en dieselfde lewe waarvan jy verlos was, maar ek is bevrees dat dit juis dit is wat jy gaan kry as jy so aangaan.

Word wakker,maak oop jou oë en begin raak sien dat nie almal is soos die mense wat jou verlaat het nie – VOOR dit heeltemal te laat is!!!!!!!!!!!!!

Dagboek

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

a

Kuiertjies

  • 11,671 besoekers

Flickr Photos

Untitled

Fibonacci Spiral

Δ

More Photos

Argiewe