Posted by: Kokkewiet on: Junie 20, 2007
As babatjie het ek my eerste skree gegee in `n wêreld wat ek nie geken het nie en vandag gee ek my eerste skree op my blog, ook `n wêreld wat ek nie ken nie!
Na baie dae se gedink en wonder hieroor het ek besluit om die blogwêreld aan te durf.
Volwassenes oorweeg en heroorweeg altyd alles `n duisend keer. As kind het jy nooit twee keer gedink as jy iets wou doen nie, jy het voluit geleef en alles probeer ongeag wat die gevolge sou wees (ma was mos daar om te troos). Hierdie blog is ook my uitdaging om dinge meer soos `n kind te sien en beleef.
Lekker daggie verder
E
BAIE welkom! Skuus ek het jou nou eers ‘gevind’. Lekker blog. Groete, Chantelle
Junie 20, 2007 at 8:25 vm
Welkom in die blogosfeer. Ek is bly die blog is gebore. Ek sien uit daarna om meer te lees.