Posted by: Kokkewiet on: Maart 12, 2009
Hoe kon jy jou kanse so opmors?
Kyk hoe ver het jy al gekom. Die eerste 7jaar was baie erg, maar jy het ongedeerd of amper ongedeerd daarvan af gekom. Jy het liggaamlik niks oorgekom nie, ja jou hart is gebreek. Jou ma is weg, jou pa kan nie vir jou sorg nie. Waarnatoe nou het jy dalk gewonder??
Daar word iemand oor jou pad gestuur wat jou inneem. Baie liefde gee, jou koester, drukkies uitdeel, jou alles gee waarsonder jy vir so lank moes klaarkom. Jy het die kans gekry om iets van jou lewe te maak, al het jou storie nie goed begin nie, kan dit ‘n wonderlike einde hê!!!
MAAR WAT DOEN JY????????
Jy gooi al die liefde terug na die persoon wat dit die minste verdien, jy wil jou eie kop volg. Jy dink jy is groot genoeg om jou eie besluite te kan neem, maar jy het nog ‘n lang pad om te loop voor jy dit sal kan doen.
Wat het jy gedink?? NEE, jy het nie gedink nie, jy het net aan jouself gedink en aan die kortstondige plesier wat jy kan kry en wat het jy daaruit gekry??? NIKS, ABSOLUUT NIKS!!!!
Maar jy het ontsettend baie verloor en jy kan niemand anders blameer as net jouself nie. Jy toon geen berou nie, maar glo my eendag gaan jy lang trane huil en dan is dit te laat om enigiets reg te maak by die mense waar dit saakmaak.
Jy is besig om jou hele toekoms weg te gooi en dis alles deur jou eie toedoen en niemand anders sin nie. Moet nooit, maar NOOIT ‘n vinger wys na die een persoon wat net goed in jou lewe gedoen het nie!!
Mag jy gespaar bly van baie hartseer en pyn en dieselfde lewe waarvan jy verlos was, maar ek is bevrees dat dit juis dit is wat jy gaan kry as jy so aangaan.
Word wakker,maak oop jou oë en begin raak sien dat nie almal is soos die mense wat jou verlaat het nie – VOOR dit heeltemal te laat is!!!!!!!!!!!!!
Wie maak jou so hartseer vriendin??
Niks so seer soos versmaaide liefde. Pappa hoekom het jy my nie lief??
Soms is ek seer en ander kere woedend. As die woedend tog net meer wil word as die seer…..ek het so baie vrae onbeantwoord.
Gelukkig het ek ‘n HEMEL VADER wat my liefhet HY is my vashou plek.
Maart 12, 2009 at 11:55 vm
Oe, dit klink na baie hartseer hierdie…