Posted by: Kokkewiet on: Junie 10, 2009
Goed ek is terug, hopelik sonder dat daar weer so lang onderbreking sal wees.
Daar het soveel in die laaste tyd gebeur, dat ek nie eintlik weet waar om te begin nie. Wel hier kom dit en ek gaan sommer vinnig by almal inloer om te sien wat ek alles gemis het.
Ek sal maar begin om die rede te gee, waarom ek so lanklaas geskryf het. Ek het aanvanklik vir een adviseur gewerk, toe kom ‘n tweede een by en nog een en toe nog een. Om vir 4 adviseurs te werk is nie so maklik nie, daar is skaars tyd om asem te haal. Nou ja, ek moes baie dingetjies verander om dit vir myself makliker te maak, en dit gaan nou sommer baie beter. Ek kan darem ook nou sê dat ek nou op die oomblik net vir 3 werk.
Noudat ek dinge bietjie ‘gestreamline’ het hierdie kant, sal ek weer kans kry om te kom skryf.
Ek het net nou twee stukke groot nuus waaroor ek wil skryf(vir my in elk geval), die res sal maar so met die tyd ingehaal moet word.
Ek het vertel van Yvette wat opgehou rook het! Wel ek kan met groot vreugde sê dat sy nou al by die 100dae merk verby is. Ek en Ben-Arthur het haar “beloon” met ‘n goue medalje waarop ‘100 days’ staan!!!
Dan my ander nuus is iets wat hierdie mamma hart sommer baie laat swel van trots! Ja, dit gaan oor my seunskind.
Hy het begin gimnastiek doen en hy doen regtig goed daarin. Hy het nou reeds 3 kompetisies gedoen en het 2 goue medaljes gekry daarvoor. Hy doen artistiese gimnastiek en tydens kompetisies doen hy die volgende: vloer; brug; rekstok en spronge. Die goue medaljes was vir algehele 1ste plek in sy ouderdomsgroep.
Hierdie naweek is nou die groot naweek, want op die kompetisie sal bepaal word of hy in die Suid-Vrystaat span ingesluit word of nie.
Hier is ‘n paar foto’s van sy heel eerste kompetisie.

Hier wag hulle in spanning om te begin.


My Kampioen!!!
Hierdie is iets wat ons twee saam doen, want ek het die afrigters kursus gedoen. Nou kan ek altyd naby wees en sommer ook help as hy by die huis oefen.
E
Junie 11, 2009 at 12:03 nm
Veels geluk Kokkewiet, daar’s niks wat ‘n glimlag so vinnig op ‘n ma se gesig kan sit soos ‘n kind wat beloon word vir harde werk nie.
Goed om jou weer terug te he.