Posted by: Kokkewiet on: Julie 28, 2009
Daar is ‘n paar songs wat my altyd laat terugdink aan sekere plekke, mense. Songs wat dadelik die herinneringe oproep, wat my terugvat op ‘n pad van onthou en partykeer verlang ook.
Een wat my altyd laat onthou is die een waarop ek en my eerste liefde gedans het by ‘n skoolsokkie. Ek onthou ek was in matriek en malverlief op die ou! Hy was die tipiese “tall, dark and handsome” soort. Ons was ‘gekys’ vir ‘n rukkie, maar dit het nie uitgewerk nie. Ons was wel saam matriekafskeid toe.
En dan die volgende een laat my altyd terugdink aan ‘n baie goeie vriend van my. Ongelukkig moet ek sê dat hy die stryd teen kanker verloor het. Jacques ek mis jou en die song laat my altyd aan jou dink!!! Dit was sy gunsteling song en hy het hierdie song vir my gespeel toe hy by my probeer vlerksleep het.
Wie kan die fliek Mannequin onthou??
Is daar enige songs wat julle aan iemand of sekere plekke laat dink??
Hi Mannequin was een van my gunsteling flieks!!!! En so Starship se liedjie.
Julie 28, 2009 at 12:54 nm
Sjoe! Baie! Ek kan ure se bandwydte mors op Youtube.