Gedagtes, stories ………

??

Posted by: Kokkewiet on: Oktober 21, 2009

Hoekom gebeur dinge nie soos jy dit wil hê nie?

Ek dink ons is bedoel vir mekaar. Die tyd saam was so kortstondig, maar heerlik, wonderlik…..

Ek wens ons kan kans kry om te kyk of dit regtig kan werk, ek glo dit kan!!

Ek mis jou, my alles roep na jou….

Ek wens ek was meer van ‘n go-getter wat nie kon worry wat ander sê of doen nie, en regtig kan baklei vir dit wat ek wil hê. Ek weet ek wil jou hê en ek weet hoe ek oor jou voel, en as ek alles reg lees voel jy dieselfde. Maar jy is so ‘n nice mens, dink net aan ander en nie aan jouself nie – wat van jou geluk????

Ek wens ek kan daar instap en die wat nie daar hoort nie uitboender en jou vir myself opeis!

Maar aan die ander kant glo ek ook, dat alles gebeur soos wat God wil hê. Sy tyd is nie my tyd nie. Hy weet wat vorentoe gaan gebeur en al wil ek hê die tyd moet nou reg wees, is ek nie die een wat daaroor kan besluit nie.

Dalk is dit soos wat Joel Osteen geskryf het, “….miskien is jy(ek) reg vir dit wat moet gebeur,maar God is nog besig om aan die ander persoon(jou) te werk…”

Maar hoe gemaak as my gedagtes heeltyd besig is met jou – vandat ek wakker word tot ek gaan slaap en dan nog in my drome ook?????

Ek kan maar net bid en glo, want as jy die een is vir my, glo ek sal dinge reg uitwerk……..

E

2 Responses to "??"

Og, dit klink my daar het baie dinge gebeur sedert jy laas geblog het? :wink:

Sterkte, Kokkie, maar ek dink jou kop dink reg oor die dinge. Byt net vas en wees geduldig.

Leave a Reply

Dagboek

Oktober 2009
M T W T F S S
« Jul    
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

a

Top Clicks

  • Geen

Kuiertjies

  • 11,646 besoekers

Flickr Photos

untitled

When the gusts came around to blow me down, I held on as tightly as you held on to me.

Byron Bay

More Photos

Argiewe