Gedagtes, stories ………

Op pad na ‘n rookvrye lewe…

Posted by: Kokkewiet on: February 27, 2009

Julle sal onthou toe ek geskryf het van my vriendin, Yvette, wat probeer ophou rook. En ook van haar ma, Tannie Josi, wat oorlede is en wat aan KOLS gely het.

Dis vandag dag 19 sonder die gifpyle. Ek is baie trots op jou my vriendin!!!

Hier onder is ‘n stukkie wat sy in haar eie woorde vertel, mag dit aansporing wees vir jou daarbuite wat ook wil ophou rook.

OK ALMAL VAN JULLE WAT MY PROGRESS DOPGEHOU HET – EK HET TOE WEER BEGIN (NADAT DIE CRIME EN VIOLENCE MY EIE MEENTHUIS GETREF HET) EN TOE AANGEHOU VIR ‘N HELE RUK MAAR NA MY KIND SE 16DE VERJAARSDAG WEE OPGEHOU EN DIE KEER WEET EK DIT IS FOREVER SOOS DAAI MANS WAT WEET DIS HULLE TROUVROU DAAI, NET SO ! OK DIE ZYBAN IS OOK NOU DAREM 2.5 MAANDE IN MY SISTEEM SO EK IS LEKKER KALM MAAR OOK NOU NIE PATETIES NIE EN AL WAT EK VIR JULLE WIL Sê IS YIPPPPPPPPP EK IS VERLOS – EK KAN NIE VIR JULLE JOK NIE – EK WAS ‘N VERSLAAFDE EN HET ALLES MET DIE GIFPYLTJIE GEDOEN – GEBAD, KOS EN TUINGEMAAK – ABSOLUUT ALLES SO TOE EK DINK AAN OPHOU HET DIT GEVOEL ASOF EK MY BESTE “MAATJIE” VERLOOR EN TANNIE JOSI WAARVAN ELMIEN SKRYF WAS MY MA EN SY WAS SOOS MY BESTE MAATJIE EN EK MOES HAAR VERLOOR DEUR SIGARETTE SO AIKONA EK HET HALT GEROEP EN NOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOOIT OOIT WEER SAL DIE GIFPYL MY LEWE REGEER NIE EN MEDE-VERSLAAFDES EK WIL VIR JULLE Sê DIT IS SO LEKKER OM VERLOS TE WEES, DIT IS AMAZINGLY BEVRYDEND EN EK WIL OOK Sê MY BROER EN MY SKOONSUS EN HULLE OUDSTE SEUN HET NET NA MY MA SE DOOD AL OPGEHOU EN SONDER ZYBAN EN HULLE OORLEEF DIT OOK EN JULLE AS EK DIT KAN DOEN KAN ENIGE ROKER DIT DOEN – BUT DO IT FOR YOURSELF OTHERWISE IT WILL NOT WORK. GOOD LUCK.

Hoop almal het ‘n heerlike naweek!

E

Happy Happy!!!

Posted by: Kokkewiet on: February 13, 2009

Twee mense vir wie ek baie lief is vier hierdie naweek hulle 35ste huweliksherdenking!!

Oom Henry en Tannie Wilma julle is twee great mense. Ek mis julle vreeslik baie!! Baie baie geluk!! Ek bid dat julle God se rykste seën sal ervaar in al die jare vorentoe en dat julle nog lank vir mekaar en die kinders gespaar sal bly.

oom-henry-en-tannie-wilma2

Ek lief julle tonne!!!!

E

Voordat jy kla….

Posted by: Kokkewiet on: February 12, 2009

‘n Lewensles

Voordat jy vandag iets negatief en afbrekend vir jou medemens te sê het… dink aan iemand wat stom is,

Voordat jy vandag kla oor die slegte smaak van die kos… dink aan diegene wat niks het om te eet nie,

Voordat jy vandag kla oor ‘n geliefde wat nie dink, sê en doen soos jy van hulle verwag nie… dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of  ’n lewensmaat,

Voordat jy vandag kla oor dié ou lewe… dink aan ‘n kind wat op ‘n sterfbed lê,

Voordat jy vandag oor jou kinders kla… dink aan dié wat begeer om ‘Mamma’ of  ‘Pappa’ te hoor maar nooit die voorreg sal hê nie,

Voordat jy vandag baklei oor jou vuil en deurmekaar huis wat iemand nie uitgevee het of waar ‘n bed nie opgemaak is nie… dink aan dié mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek,

Voordat jy vandag kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry… dink aan die werkloses of gestremdes wat ‘n werk begeer,

Voordat jy daaraan dink om ‘n vinger te wys of te oordeel… onthou dat nie een van ons sonder sonde en tekortkominge is nie. Ons moet almal verantwoording doen aan Een Skepper,

Wanneer negatiewe gedagtes vandag dreig om jou depressief te laat voel… Glimlag en Dank God dat jy leef,

Die lewe is ‘n geskenk… Leef voluit…. Vervolmaak vandag in Jesus naam… Wees vrolik en lag sonder ophou….. Geniet elke oomblik daarvan….

Gee baie liefde….

Want God het hierdie lewe aan jou geskenk!!

Kunswerk

Posted by: Kokkewiet on: February 6, 2009

Ek vra verskoning dat ek so min kom skryf en ook so min by julle inloer. Dis bietjie deurmekaar hier by my, met die nuwe ou wat hier begin het, maar dit lyk of dit van volgende week as rustiger gaan wees, dan sal ek weer oral inloer.

Ek wil darem net vinnig vir julle wys hoe my nuuste projek lyk. Ek is baie in my skik met hierdie werk.

skinkbord1

Lekker naweek julle!!

E

Hemels…..

Posted by: Kokkewiet on: Januarie 21, 2009

So saam met my 100ste inskrywing, wil ek vertel van my eerste ervaring van ‘n massering.

Ja julle het reg gelees, dit was my HEEL eerste keer. My vriendin het vir my ‘n geskenkbewys vir ‘n Terapeutiese vollyfmassering gegee as kersgeskenk en ek kon nou eers gaan.

Wat ‘n ervaring – ek is/was mal daaroor. As jy nog nie vir een was nie, gaan gerus. Ek het so lekker gelê en ontspan dat ek nie wou hê sy moet ophou nie. Die ontspan was so lekker dat ek daarna so vaak was dat ek gewens het ek kan dadelik in die bed gaan klim en slaap.

Ek gaan beslis weer gaan!

Nou ja, die jaar is in volle swang. Die skool het begin en dit gaan alreeds dol hier op kantoor. My kunsklasse het ook weer begin, so ek sal soos wat ek die projekte voltooi, foto’s neem en vir julle kom wys.

E

Happy happy….

Posted by: Kokkewiet on: Januarie 9, 2009

Baie geluk my Kokkewiet!!!

Ben-Arthur is 8 jaar vandag. Hy is my hart se punt en maak die alleen dae vir sy ma so bietjie draagliker!!!ek-en-ba

Vakansie…

Posted by: Kokkewiet on: December 12, 2008

Gelukkig het my vakansie ook nou aangebreek.

Sjoe, dit was ‘n laaaaaang jaar. Ek het reeds besluit dat ek nie weer volgende jaar die hele jaar gaan werk sonder om verlof te vat nie.

Ek wil almal van julle ‘n baie Geseënde Christusfees toewens en ek hoop dat 2009 vir julle skouspelagtig skitterend sal wees!!!!

E

NS: Almal wat met vakansie gaan, ry veilig en kom veilig terug!

‘n Huldeblyk….

Posted by: Kokkewiet on: December 4, 2008

Vandag wil ek nie veel sê nie. Ek gaan vandag iets hier sit wat my vriendin, Yvette geskryf het as huldeblyk aan Tannie Josi (haar ma) wat oorlede is. Omdat ek haar geken het, kan ek net sê dat dit wat jy hier gaan lees ‘n ware beskrywing van Tannie Josi is!

ODE TO MY MOTHER
 
When you were alive, my mother
we joked about your talking, teaching and cleaning
We complained that we could not get a word in edgeways
and each conversation you turned into a lesson.
 
You were not easy on forgiving
You were hard on the living (and the dead)
You were selfless with your giving
and jealous if you felt your place was threatened
 
You lived solely in black and white
There were no grey areas with you
You did not suffer fools gladly
You hated passionately
but I know you also loved madly
 
Sometimes we were too many children for your kraal
But I was near to you,  so I heard you call for them
I will never forget your voice in my head
When you said “I am so ready to go.”
 
You made an impact that no other could ever equal
We did not always agree with your methods
And you kept us on our toes
and this one thing we now all know for sure is
YOU WERE ONE OF A KIND !

Spyt

Posted by: Kokkewiet on: November 28, 2008

Spyt is so ‘n klein woordjie, maar o wee, dit kan gevolge hê! Daar is mos ‘n gesegde wat sê: Spyt is ‘n goeie ding, dit kom net altyd te laat.

Daar is ’n paar dinge waaroor ek spyt is, maar die een ding waaroor ek die meeste spyt is, is die volgende.

Ek het my oupa (my pa se pa) nooit geken nie en  nie omdat hy oorlede is voordat ek hom kon leer ken nie, maar omdat hy en my ouma dieselfde paadjie geloop het as ek en my eks. Ek gaan nie te veel uitbrei nie, want dis nog altyd ‘n baie teer puntjie, ek kan net sê dat alle bande is gebreek tussen hom en sy familie. Dis dalk ook hoekom ek en my ouma nou so close is – ons het nou gedeelde seer!

Ek het op ‘n stadium besluit dat ek met my oupa wil kontak maak, ek het sy adres by my pa se neef gekry, vir hom geskryf en my asem opgehou met die hoop dat hy sal terug skryf. Hy het my brief beantwoord en so het ek en hy begin kommunikeer. Ek het ook sy telefoonnommer gekry en ons het gereeld gesels.

Dit was wonderlik om hom so te leer ken. Ek het ouma vertel daarvan en sy was tevrede dat ek met oupa kontak het.

My een groot wens was om hom te ontmoet en sommer al my neefs en niggies saam te vat – hy het 10 kleinkinders en 4 agterkleinkinders gehad. Dis net hier waar my spyt inkom. Dit het nooit gebeur nie, ek het hom nooit gesien nie.

Oupa Bill is nou amper 4 jaar oorlede en ek is bitter spyt dat ek nie ‘n plan gemaak het om na hom te gaan nie. Die spyt het my geleer om NOOIT maar nooit uit te stel nie.

Waaroor is jy spyt??

E

RIP

Posted by: Kokkewiet on: November 20, 2008

Gister het ek vertel van Tannie Josie met wie dit nie goed gaan nie en wat KOLS (kroniese obstruktiewe lugweg siekte) het.

Sy is gisteraand oorlede!

Rus sag Tannie Josie en ons weet dat jy nou by ons Hemelse Vader is!

My hart gaan uit na Yvette en haar familie. Sterkte vir jou my vriendin!

E

Dagboek

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

a

Top Clicks

  • Geen

Kuiertjies

  • 11,478 besoekers

Flickr Photos

27/365 : Escape

Okinawa Churaumi Aquarium

let the wind blows

More Photos

Argiewe