Gedagtes, stories ………

Wat lees ek…

Hier gaan ek vertel van die boeke wat ek lees en ook wat ek daarvan gedink het. As daar nog boekwurms onder julle is, kom vertel my van die boeke wat julle gelees het en wat ‘n moet lees is.

  WOW!!!! Wat ‘n boek. Ek was mal oor hierdie boek en wou net aanhou lees tot die einde,maar toe die einde naby is, wou ek nie hê dit moes eindig nie. Ek sal hierdie boek vir elke vrou aanbeveel om te lees, almal gaan iets anders uit die boek haal wat vir haar van waarde gaan wees.

Dit gaan oor ‘n vrou wat vir ‘n jaar lank reis na drie plekke toe, nl. Italië, Indië en dan na Indonesië. Wat sy beleef het, geleer het, die mense met wie sy bevriend geraak het en hoe hulle haar lewe verander het.

Iets wat Elizabeth in hierdie boek gesê het en wat my laat besef het dat dit absoluut die waarheid is, is die volgende: Oor ouerskap het sy gesê dat jy verantwoordelikheid moet hê, soos wat ons almal weet. Sy het dit vir haarself soos volg uiteengesit – Responsibility is the ability to respond.

Daar is soveel wat ek uit die boek kan aanhaal, wat vir my iets beteken het, maar gaan lees dit gerus self.

 

Nou die volgende boek waarmee ek besig is, is die volgende:

 Sal kom vertel as ek klaar is.

E

3 Responses to "Wat lees ek…"

Hallo ek is ook lief vir boeke en sal kom loer na jou leesery.

Rosalind, ek is ‘n regte boekwurm, net jammer ek kry nie altyd tyd nie!!

Hallo Elmien
Ding hoor graag wat jou indruk is van daai boekie – A New Earth.
Ding het hom al bietjie geblaai, maar nog nie regtig ernstig begin lees nie. Sal graag luister wat jy dink.

Leave a Reply

Dagboek

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

a

Kuiertjies

  • 11,688 besoekers

Flickr Photos

More Photos

Argiewe