Life is short
They say it takes a minute
to find a special person
an hour to appreciate them
a day to love them,
but then an entire life
to forget them!
Almal van ons het so iemand in ons lewe – hetsy dit `n familielid, vriend, vriendin of wie ookal is. Elke dag as ons slegte nuus hoor, tref dit ons hoe kort die lewe is. Die lewe is so gejaagd dat ons nie tyd maak vir dit wat belangrik is nie. Ons moet elke minuut van elke dag gebruik en dit ten volle benut. Maak gebruik van elke moontlike kans om vir iemand wat jy liefhet te sê dat jy hom/haar liefhet. Gee `n drukkie vir iemand wat dit nodig het en tel die telefoon op en bel die een met wie lanklaas gepraat het, sommer net om te hoor hoe dit gaan.
Doen sulke dinge onverwags en nie net op spesiale geleenthede nie. Dit is iets wat ek by my seuntjie geleer het. Ek sal bv besig wees met kosmaak en hy sal buite speel. Hy sal dan inkom sonder dat ek hom raak sien en hy sal my om die bene gryp en `n drukkie gee. Ek het een keer vir hom gevra hoekom kry ek nou `n drukkie. Sy antwoord aan my was ‘Want ek is lief vir jou mammie’.
Dit is sulke oomblikke wat ek weer terugdink aan alles wat ek wou doen en sê en nooit die kans gekry het nie, maar dit is `n storie vir `n ander keer.
Geniet elke oomblik van die dag!
E