RSS Feed

Viva enkelma’s

Posted on

Vandag wil ek al die enkelma’s daar buite salueer!!!

Sy is alles wat ander ma’s is en alles wat die pa’s is. Sy is twee persone in een. Sy moet weet wanneer sy die ma en wanneer sy die pa moet wees. Sy moet ALLE vrae beantwoord, sy kan nie sê: ‘Gaan vra jou pa” nie. Die vrae kan nogal moeilik raak en sy moet kan flink dink. 

Sy moet alleen die mas opkom as die kinders siek is (veral as daar nie familie naby bly nie). Sy word in die nag wakker as haar oogappel koors het, sy sit by hom tot hy beter voel en dan moet sy die volgende dag werk toe gaan en daar ook 100% gefokus bly. As haar ‘baba’ (hy sal altyd haar baba wees al is hy 6 jaar oud) te siek is om skool toe te gaan en by die huis moet bly, moet sy verlof vat by die werk of onbetaalde verlof neem. Daar is heelparty werkgewers wat net nie kan verstaan dat ander mense se kinders ook siek kan raak nie. Hulle verwag amper dat jou kind nooit siek moet word nie, want hy/sy kan nie sonder jou klaarkom nie.

Die finansiële druk is op haar. Sy is verantwoordelik vir die hele huishouding en alles wat daarmee saamgaan. Sy is die primêre versorger, wat moet sorg vir kos, klere, en al die ander dinge wat `n man en vrou gewoonlik saam doen. Sy is die ‘vark in die verhaal’ as sy omtrent altyd moet NEE sê as kleinding iets wil hê. Hulle verstaan nie dat daar elke maand net soveel is en niks meer nie. Vir `n kind is `n pakkie chips of `n lekkertjie net `n klein dingetjie, maar vir die ma wat elke sent 10keer moet omdraai, lyk daardie lekkertjie soos `n fortuin wat sy moet uitgee. Ja, daar is enkelma’s wat dalk finansieël beter af is as ander, maar almal het druk wat hulle moet hanteer.

As die pa nie regtig moeite doen om betrokke te raak nie is dit die ma wat aan haar kindjie moet verduidelik hoekom pappa nie bel of kom kuier nie. Haar hart is in stukke oor haar kind net bietjie liefde en aandag soek van die een persoon by wie hy/sy dit so graag wil hê.

Aan die pa’s daarbuite wil ek sê, bring jou kant en wees daar vir jou kind/ers moenie net geskenke aandra nie, bestee gehalte tyd saam met hulle en wys dat jy vir hulle lief is al is julle ver van mekaar af.

Ek het nog baie te sê oor elke aspek wat ek hier genoem het en nog baie ander wat ek nie genoem het nie, maar ek raak baie opgewerk daaroor en sal later weer oor elke een praat soos dit my en my seuntjie se paadjies kruis.

Ek wens ek kan `n medalje vir elke enkelma daarbuite gee – JULLE VERDIEN DIT!!!!!

Heerlike week vir almal!

E

(Ek wil net vir elke pa wat sy deel doen baie dankie sê namens al die enkelma’s, julle is dun gesaai.)

3 responses »

  1. Ek kan net by myself indink hoe moeilik dit moet wees….
    Dit moet maar moeilik wees….om n bloeitjie so alleen groot te maak.
    Baie sterkte aan alle enkelmamma’s en hou moed en glo.

    troedelkies
    xxxx

    Reply
  2. Ek myself is enkelma en dit voel of ek hierdie inskrywing gedoen het. Dis moeilik, maar die waardering op Renier se gesiggie as ek vir hom tekkies koop van R50 (Chinese shop), laat my voel ek het vir hom die duurste Nike’s gekoop. Dis soms lekker, want dit hou my op my knieë..

    Reply
  3. Ai, hoe bekend klink dit tog nie!!
    Hexi, jy’s so reg.
    Sterkte vir alle enkelma’s en enkelpa’s.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: