RSS Feed

Onthou jy…..

Posted on

Ek het gister met `n paar vriende gepraat en ons het begin terugdink toe ons kinders was. Ons het gesels oor al die mooi programme wat op TV was. Koeks en Feetjie dankie dat ons die herinneringe kon deel.

Kan jy hulle nog onthou…….

Wielie Walie – ek onthou vir Bennie Boekwurm wat alewig op soek was na sy bril en dit was altyd op sy kop. Ek onthou hoe ek en my sus geskree het dat die bril op sy kop is (so asof hy ons kon hoor)! Die blommetjies wat sing dat Bennie vir ons `n storie moet bring. Ons het ook altyd vir Tannie Magda en Oom Gert gehelp roep na Bennie!! Sarel Seemonster wat altyd gesê het: ‘Stories is my leeeeewe!”

Heidi – Ooooo, haar reis na oupa toe, die pret saam met Peter en haar kuier by Klara. Dit was heerlik om alles saam met Heidi te beleef.

Dawie die kabouter – My gunsteling!!! Kan julle onthou hoe het Dawie en sy vrou mekaar gesoen! Ek het dit vir my seuntjie geleer en hy “weet” nou hoe soen kaboutertjies. Ek onthou hoe ek gehuil het toe hulle almal in bome verander toe hulle ‘doodgaan’.

Haas Das – elke aand 6uur was dit tyd vir Haas Das. Ek onthou hoe selfs my pa elke aand saam met ons voor die TV gesit en kyk het.

Daar is so baie ander programme soos: Knersus; Nils Holgerson; Mina Moo; Kasimier(nie seker oor die spelling nie); Doffel,Babbel en Bekkie; Brakenjan; Mannemarak.

Watter wonderlike herinnerings het ons as ons terug dink aan ons kinderjare, so sorgloos sonder die geweld waarmee ons kinders gekonfronteer word.

Dis heerlik om partykeer die herinneringsboksie af te haal, af te stof en net terug te dink aan alles wat ons beleef en ervaar het.

Ek het vir my seuntjie die dvd’s van Haas Das en Knersus gekry en dit was heerlik om weer daarna te kan kyk. Hy geniet dit vreeslik baie en dit is nogal vir hom cool(sy woord) dat ek ook daarna gekyk het toe ek klein was.

Dink terug na daardie dae en vergeet bietjie van vandag se probleme!!

Is daar nog programme wat julle onthou????

Lekker dag vir almal.

E

One response »

  1. Ek het nou vir die eerste keer kans gehad om lekker te lees en te onthou en daardie lekker warm onthou oomblikke in te drink.
    Hou so aan. Dis lekker om jou te leer ken deur jou blog. Jy doen n great job.
    Ek sal graag foto’s van jou mooi kind wil sien. Plaas bietjie toe.
    Rachelle

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: