RSS Feed

Misbruikers en samaritane!

Posted on

Ek ken mense, en ek is ook een van hulle, wat enigiets vir iemand sal doen al beteken dit daardie persoon moet uit sy pad gaan om te help. Daar word op ons getrap, maar ons sal aanhou gee al kos dit wat! Dit is `n baie goeie eienskap wat enige mens kan hê, maar sodra dit misbruik word, is dit nie meer so goed nie. Ek noem hulle sommer die misbruikers en die samaritane.

Hoekom word die samaritane se goedheid as van selfsprekend aanvaar en die misbruikers vat net meer en meer van daardie persoon. Die misbruikers  raak so arrogant dat hulle niks respek meer vir hulle self en ander het nie. Hulle sal sommer aanvaar hulle sal gehelp word sonder om die samaritaan te vra of dit gedoen kan word en dan boonop nie eers dankie sê nie. Magtig, wat het van goeie maniere geword!!! 

Die misbruikers maak my so die m@#r in dat ek voel ek wil klappe uitdeel sodat hulle kan besef dit is nie net hulle en hulle probleme wat opgelos moet word op hierdie aarde nie. Hulle gryp sommer die hele hand as die pinkie vir hulle aangebied word. Kom by magtig en kry maniere!!! HOU OP OM ANDER MENSE TE MISBRUIK!!!!!Fnok julle is blerrie selfsugtig!

Vir die samaritane wil ek ook wakker skud (en hier sluit ek myself in). Ons wil die hele tyd ander mense tevrede stel. Hoekom is dit so moeilik vir ons om NEE te sê. Flippen hel, laat hulle dink wat hulle wil as dit nie die antwoord is wat hulle verwag het nie. As hulle regtig jou vriend/in is sal hulle jou nie kwalik neem as jy nee sê nie, en as hulle jou kwalik neem en `n houding teenoor jou het, nou ja dan weet jy mos wat om met daardie ‘vriendskap’ te doen. Dit is makliker gesê as gedaan, ek weet, maar ek is nou genoeg misbruik!!

 Ek het hierdie stuk by `n vriendin gekry en wil dit met julle deel, want dit het my aan die dink gesit.

“Om net te wil tevrede stel, maak jou gereed vir `n aaklige lewe. Jy buig jouself agteroor vir hulle, en buiten die feit dat dit jou rus en vrede van jou steel, veroorsaak dit dat dit vir jou onmoontlik is om God se rigtinggewers te volg, en dit is die grootste fout wat jy kan maak.”

Die skrywer, Joan Didion, sê: “Selfrespek het niks te doen met reputasie of die aanvaarding van ander nie”.

My wens is dat ons samaritane meer nee sal sê en meer aandag aan onsself sal gee.

Mag almal `n heelike naweek sonder enige misbruikers hê!!

E

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: