Daily Archives: Julie 4, 2007

Verlore vriendskap!

Posted on

Vandag is `n blou dag vir my, ek het `n goeie vriendin ‘verloor’ – en die ergste is ek weet nie wat die rede is nie!

Hoe kan enige mens iemand wat iets vir jou beteken het sommer net uit jou lewe sny sonder dat enige rede gegee word. Het die vriendskap dan niks beteken nie? Wat van al die ure se saam gesels, trane en sommer net saam wees?? As ek dink aan al die ondersteuning wat ons mekaar gegee het in die donker tye wat ons beleef het, kan ek amper nie glo wat sy nou doen nie.

My grootste vraag is: ‘Wat het ek gedoen??’ Ek het alles probeer, maar sy weier om met my te praat. Ja ek weet almal gaan vir my sê beweeg aan sy is nie jou vriendskap waardig nie, ek weet dit alles – ek wil net weet hoekom? `n Mens wil tog graag antwoorde op jou vrae hê.

Miskien was sy nooit die vriendin wat ek gedink het sy is nie!!!

Vandag sal ek terugdink aan die wonderlike vriendskap wat ons gehad het en van more af sal ek aangaan sonder haar in my lewe!

E