RSS Feed

Verlore vriendskap!

Posted on

Vandag is `n blou dag vir my, ek het `n goeie vriendin ‘verloor’ – en die ergste is ek weet nie wat die rede is nie!

Hoe kan enige mens iemand wat iets vir jou beteken het sommer net uit jou lewe sny sonder dat enige rede gegee word. Het die vriendskap dan niks beteken nie? Wat van al die ure se saam gesels, trane en sommer net saam wees?? As ek dink aan al die ondersteuning wat ons mekaar gegee het in die donker tye wat ons beleef het, kan ek amper nie glo wat sy nou doen nie.

My grootste vraag is: ‘Wat het ek gedoen??’ Ek het alles probeer, maar sy weier om met my te praat. Ja ek weet almal gaan vir my sê beweeg aan sy is nie jou vriendskap waardig nie, ek weet dit alles – ek wil net weet hoekom? `n Mens wil tog graag antwoorde op jou vrae hê.

Miskien was sy nooit die vriendin wat ek gedink het sy is nie!!!

Vandag sal ek terugdink aan die wonderlike vriendskap wat ons gehad het en van more af sal ek aangaan sonder haar in my lewe!

E

3 responses »

  1. Ek ken daardie gevoel…… jy lê jou siel bloot, maak die donkerste hoekies oop en dan… niks. Skryf dit toe aan ervaring. Wat anders. Ek gaan nie sê “beweeg aan” of “get over it” nie. Moet egter nie toelaat dat dit jou opvreet nie. Ek kyk nog baie terug, maar ek hou lankal nie my asem op nie. 🙂

    Reply
  2. Eerder een opregte vriendin as 10 vals vriende. Sterkte!

    Reply
  3. Ek sit in dieselfde boot as jy en weet hoe dit voel, ek het my alles gegee en nog meer al my tyd en aandag al my liefde maar dit het nie gehelp, ek is te nice het sy gese en te erg oor haar kids. ek dink elke oomblik van die dag aan haar en wonder hoe dit met haar en die kids gaan, sy het ander idees ander vriende en sy ag ek is net hartseer oor dit wat so mooi was weg is.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: