RSS Feed

Rustig op `n eiland!

Posted on

Sonsondergang

Hierdie foto laat my dink aan `n wegbreek naweek wat ek saam met familie gehad het. Dit was by die Sterkfonteindam en die plek se naam is Ntenswa(nie seker van die spelling nie).

Ons is die Vrydag met `n motorboot na die ‘eiland’ waar ons gebly het geneem, ons bagasie is afgelaai en daar is vir ons gesê dat hulle ons weer Maandagoggend sal kom oplaai. Daar bly wel `n opsigter wat `n tweerigtingradio het indien daar `n noodgeval is. 

Die slaapplekke is sulke diehoekige hutte en dan is daar `n groot rondawel, waar die kombuis en kuierplek is. Daar is `n buitelug stort sodat jy die buitelewe kan geniet terwyl jy stort. Daar is nie krag nie en ook geen selfoonopvangs nie. Alles werk met gas.

Daar is roeibote wat gebruik kan word, maar verder kan jy net rustig ontspan en die sonsopkoms en ook sonsondergang oor die dam geniet.

Daar kan mens weer rustig raak, terwyl baie verskillende soorte voëls om jou sing en jy die natuurskoon kan bewonder. Dit is die ideale plek om weer jou wortels te vind en weereens bewus kan raak van God se almagtigheid!!

Dit was `n hemelse naweek en ek gaan beslis weer daar `n draai maak.

Mag julle almal `n wonderlike naweek hê!

E

2 responses »

  1. Ek kan dit nie onthou nie. Lig my weer bietjie in. Ek glo ons het lekker tye gehad, en sal dit graag wil onthou.

    Jou sus

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: