RSS Feed

Tot siens…..

Posted on

Hoe sê mens tot siens aan iemand wat so `n groot impak op jou en ander se lewe gemaak het? Hoe neem jy afskeid van so iemand??

Ons het gisteraand afskeid geneem van twee wonderlike mense, Bian en Bianca Vermaak.

Hulle het net `n jaar en `n half in die kompleks gebly, maar so diep in `n paar van ons se harte ingekruip dat dit regtig moeilik was om hulle te groet. Hulle leef so naby die Here dat dit ons na hulle aangetrek het en ons het werklik lief geword vir hulle.

Bianca het op haar stil manier so baie vir ons beteken. Bianca was die een wat `n trooswoord reg gehad het en jy kon jou hart by haar gaan oopmaak het.

Bian was altyd gereed om te help. Hy was, nee is Ben-Arthur (my seun) se Hero, sy Idol, sy beste vriend!

Dit was so moeilik om tot siens te sê, so moeilik om in Ben-Arthur se ogies te kyk en te sien hoe wel die trane in sy oë op. Selfs nou terwyl ek hier skryf en terug dink aan die kar wat by die hek uitry en dit net die agterligte is wat jy vir oulaas sien, sit ek met trane in my oë.

Hulle het `n leemte gelos en ons sal hulle altyd onthou.

Tot siens… Auf Wiedersehn!!!!

E

NS: Ons sal nou met afwagtig die e-mails dophou vir die eerste briefie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: