RSS Feed

Fees, moeë voete en grotman.

Posted on

Ek het die naweek `n draai  by die Volksblad Kunstefees gaan maak, baie geloop en dit baie geniet.

Saterdag het ons die fees aangedurf, gestewel en gespoor en gereed vir aksie. Ons het beplan om heeldag daar te spandeer. Ons het ons voete moeg geloop en al die mooi kunswerke en ander artikels bekyk. Later die middag is ons na die biertent en het daar verder gekuier en na verskeie optredes gekyk, o.a. NKD, Limpopo, Offshore, en natuurlik ook na Anton Goosen. Hy het selfs die studente op hulle voete gehad.

Ben-Arthur was uit sy kassie en het die fees baie geniet. Na `n laaaaang dag is ons na Anton Goosen se vertoning huis toe.

Sondagoggend is ons weer vroeg uit die bed om na ‘Groet die Grotman’ te gaan kyk. Ons was baie gelukkig om kaartjies vir die ekstra show te kon kry. Wat n vertoning – Hannes Muller is puik in sy vertolking van die grotman.

Alles wat gesê word is spot-on en ek het gelag dat die trane loop. Dit is `n show wat ek weer sal gaan kyk en almal wat dit nog nie gesien het nie sal saamsleep. 

Dit was `n heerlike manier om die fees af te sluit en kan nie wag vir volgende jaar nie!!

Hoop almal het `n heerlike week!!

E  

One response »

  1. Hi, ons het Defending the Caveman met Tim Plewmand by Montecasino gesien – dit was FANTASTIES! Ons sal ‘n plan maak om Grotman deur Hannes te sien sodra hy weer hier naby verby gaan.
    😉 Hou van jou blog!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: