Verbode vrugte

Posted on

`n Medeblogger het in haar post genoem van verbote vrugte en dit het my aan die volgende storie laat dink.

Omtrent 10 jaar terug was daar `n lewenslustige, borrelende jongmeisie. Sy het iemand ontmoet maar nie ag geslaan op sy attensies nie. Hy het nie opgehou om haar te kontak en te gaan kuier nie. Hy het kilometers agter haar aan gery om te kuier en uiteindelik het hy haar hart gewen.

Hy het die jawoord gevra en sy het ja gesê. Sy het begin beplan aan die mooiste en gelukkigste dag van haar lewe. Sy het die maande en later die dae afgetel. Die groot dag het aangebreek en sy was in ekstase en het nie gedink dat enigiets ooit verkeerd sal gaan nie.

Na `n gelukkige (so het sy gedink) huwelik van 5 jaar moes sy die skokkende ontdekking maak dat sy nie die enigste vrou is nie. Na baie trane en gesprekke wat op niks uitgeloop het nie, het sy haar en haar baba se goedjies ingepak en die huis waar sy gelukkig was agtergelaat.

Hulle sê mos die vrou weet altyd laaste – dit is die waarheid. Sy het nadat hulle uitmekaar is uitgevind dat daar selfs verhoudings was toe hulle nog net verloof was en dit het net nooit opgehou nie.  Sy was stukkend en het nie geweet hoe sy op haar eie met `n baba sal kan cope nie, gelukkig kan sy sê, danksy die wonderlike familie wat sy het, dat sy nou weer na 5 jaar op haar eie haar voete vind.

Sy begin nou weer lus kry vir die lewe. Sy sien nou weer kans om dinge te doen en nuwe mense te ontmoet nadat sy amper soos `n kluisenaar geleef het.

Mag elkeen wat dit oorweeg om aan die verbode vrugte te proe dit slegs doen as dit nie ten koste van iemand anders se geluk gaan wees nie.

4 responses »

  1. Sela en Amen.

    Dis ongelukkig net so dat verbode vrugte vir ‘n rede verbode is, en dat die ‘eet’ daarvan gewoonlik die oorsaak sal wees van iemand anders se pyn.

    Antwoord
  2. Ek stem saam met oopkop en ek is bly om te sien iemand het die res van my post aangevul.n Mens sal seker maar nog altyd wonder hoekom n mens na iets desire wat jy ni kan of mag kry nie.

    Hoop jy het n lekker naweek,

    troedelkies
    Lana

    Antwoord
  3. Ja, dit is waar dat die vrou altyd die laaste is om te hoor.
    Ek het 3 jaar nadat dit gebeur het, eers die waarheid gehoor nadat dit HOEVEEL keer ontken is.

    Antwoord
  4. Ek is bly om te hoor sy is weer gelukkig. Ek was by met al die dinge en onthou die seer wat sy gehad en die die gedagtes dat ek ook nie geweet het wat om te doen of sê om dit selfs net ‘n bietjie beter te maak, sal my altyd bybly. Ek hoop en bid dat die Here ‘n wonderlike man op haar pad sal stuur en dat sy ook die “goeie en lekker” huwelike kan proe, soos myne.

    Antwoord

Lewer kommentaar op lanaba Kanselleer antwoord