RSS Feed

Seer spiere!

Posted on

Die naweek het heel goed begin tot ek Saterdag oggend opgestaan het met `n somergevoel in my (is daar so iets?) en besluit het dat ek die sitkamer gaan skuif. Nou ja, ek moet darem net sê dat as ek so voel dan weet ek sommer die somer is nie meer te ver nie. Ek doen gewoonlik so min as moontlik in die winter.

Ek bly in `n tweeslaapkamer meenthuis wat nie baie groot is nie (so dit het nogal vinnig gegaan), en voel nogal goed met die verandering. Dit voel sommer of ek in `n nuwe plek ingetrek het. Die probleem met die seer spiere kom met wat na die geskuiwery gebeur het.

My buurvrou het besluit ons moet bietjie joga gaan doen. Sy weet van `n plek waar jy verniet kan gaan en dit word deur `n chinees aangebied.  Ek is altyd game om iets nuuts te probeer en het ingewillig om saam te gaan.

Dit is net hier waar die term seer spiere inkom, want vandag het ek seer op plekke wat ek nie eers geweet het dat ek spiere het. Liewe hemel ek kan omtrent nie asemhaal nie – dis BAIE eina. Ek het nie geweet dat ek soveel spiere by my ribbes het nie – OUCH!!!!

Ek is net baie jammer dat hy die klasse net Saterdae aanbied, want ek het dit baie geniet en sal dit net meer gereeld wil doen. Nou kan ek ook sê dat ek iets verniet gekry het – baie seer spiere!! Ha ha ha!!

Ek gaan nou eers bietjie beweeg om die spiere aan die gang te kry.

 Lekker week vir almal!!

E

3 responses »

  1. Ai dit is ook lekker om seer spiere te hê, dan weet jy iets werk iewers en jy het dit geniet anders sou jy gekul het.
    Sterkte vir die week

    Reply
  2. Ek hoor hulle sê om fiks en slank te bly deur die winter moet jy liewer die volgende resep probeer:

    Bestanddele:
    1 blokkie Weet-bix
    1 stafie Aero sjokolade

    Plaas die Weet-bix in ‘n bakkie. Krummel die Aero oor die Weet-bix. Voila! Aero-bix!

    Reply
  3. Baie goed. Ek sal definitief die resep van “My kop op ‘n blok” onthou. Ek sal ook nog eendag joga wil doen. bly om te hoor dat dit wel werk.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: