RSS Feed

My hart se punt!

Posted on

ben-arthur-2.jpgHier is my oogappel, my enigste en my hart se punt!! Dit is Ben-Arthur en hy is 6 jaar en my alles.

Soos enige ma daarbuite dink ek hy is die beste en oulikste. Hy was 10mnde toe my en sy pa se paadjies geskei het en hy het my onwetend deur die donker dae na my egskeiding gedra. Hy was die ligstraaltjie en lewensblyheid wat ek nodig gehad het om met my lewe aan te gaan. Net as ek gedink het nou kan ek nie verder nie, dan sal ek `n glimlag van hom kry en dan voel ek sommer weer lus om aan te hou probeer om `n lewe vir ons twee te bou.

Ek was `n tuisbly ma tot ek geskei is en moes noodgedwonge weer begin werk, wat `n aanpassing was dit nie. Ek het baie lank elke dag gehuil as ek hom by die dagmoeder moes los om te gaan werk. Hy het altyd so hartverskeurend gehuil as ek hom los dat dit my hart in stukke gebreek het.

Nou kan ek na 5 jaar se gesukkel met trots sê dat ons SURVIVORS is al is daar nog baie dae wat maar moeilik is!!!!

Hy gaan volgende jaar skool toe en dit maak my nogal hartseer om te weet dat my baba nie meer `n baba is nie. Hy is `n gelukkige seuntjie ondanks die feit dat hy sonder sy pa(wat hy te min sien) grootword. Daar het al `n paar rolmodelle sy pad gekruis maar van hulle vertel ek later meer.

Sy sêgoed laat my altyd lekker lag en elke keer weer laat dink hoe kinders dinge vir hulleself uitredeneer. Hier is iets wat hy gesê het, wat seker nog lank `n glimlag na my lippe sal bring as ek daaraan dink.

Een aand(nie so lank terug nie) nadat ek vir hom sy Bybel en storie gelees het, het hy in die bed gelê en begin vertel wat hy alles wil hê. Ek het toe gesê hy moet dit maar vir my sê sodat ons kan begin om vir Vader Xmas `n briefie te skryf, waarop hy toe vir my sê dat dit nie Vader Xmas is nie, maar Jesus Xmas(moet eintlik Christus wees).🙂

Mag jy ook aan sulke dinge kan dink wat jou sal laat glimlag!!

E

2 responses »

  1. Ja, die kinders. Net as jy voel jy wil hul vermoor, dan doen hulle iets en jy wil hulle opeet.
    My doggie is ook my hart se punt. Jammer hulle word so gou groot, want sy raak nou bietjie swaar.

    Reply
  2. Ek is mal oor die foto. Wanneer kan ek hom in die pos ontvang. Ek sit met trane in my oë, want ek mis julle ongelooflik baie. Veral die kinders.

    Kom kuier asseblief so gou julle kan.

    Liefde
    Jou klein sus

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: