Hoe kan `n mens iemand wat baie negatief is weer positief kry? Hoekom is dit so moeilik om die regtige antwoorde op vrae te kry?
Hoe kan jy iemand wat in die Here glo en soveel insit om sy lewe reg te ruk oortuig dat die Here hom nie sal verlaat nie as daar kort-kort iets gebeur wat die appelkar omgooi?
Ek bid elke aand, help waar ek kan, luister wanneer dit nodig is. Wat kan ek nog doen???
Ek gaan julle los met die mooi woorde wat ek gekry het en wat my so bietjie laat beter voel.
Soms
Soms het jy nodig om tot stilstand te kom
om jou siel te vind.
Soms het jy nodig om te huil
oor wat jy verloor het
en soms moet jy lag
oor wat God vir jou wil gee.
Soms is die gisters vol hartseer
maar die môres vol nuwe beloftes.
Soms moet jy leer dat God
met liefde mense na jou stuur
om jou lewe te verryk.
Geseënde dag saam met God
wat nie Soms is nie
maar Ewig!
E
Jou seuntjie is pragtig-ek is seker hy gaan n hartebreker wees as hy so 18 is……
Hoop jy het n mooi naweek!!
troedelkies
xxxx
Hallo! Nie eers geweet jy het ‘n blog nie!
Pragtige inskrywing, baie inspirerend!
Mens kan maar net bid en probeer moed inpraat, dis maar moeilik, ons as mens is so geneig om te bid, maar dan is ons nogsteeds bekommerd en probeer dit self uitsorteer!
Pragtige woorde. Dit laat mens diep dink.
Laat ek by voeg….. jy moet ‘n ma 100000000 wees. Om deur alles te gaan, met jou seun. Wees verseker dat jy eendag die vrugte sal pluk, van ‘n gelukkige jong man. Behou daardie band .. maak seker dis altyd daar vir hom.
Ek lees ook onder jou comments “Wie is ek” dat jy baie ondersteuning van jou naaste familie het, dis pragtig, en so belangrik.
Wat ek net voor vrese het, as hy in Bloemfontein bly, gaan sy seker vir die Vrystaat skree. Dit mag vir hom ‘n groot onnugtering wees, om te besef die regte span is in Pretoria!! (he he)
Lekker dag en sien uit na jou volgende posting
Eben