RSS Feed

Hartseer!

Posted on

My hart is baie seer vandag! Almal weet dat die Here ons kinders vir ons ‘leen’, maar hoe maak jy vrede as jou babatjie net 4 maande oud is en jy weet die tyd is naby????

My hart gaan vandag uit na my vriendin en haar familie. Haar susterskind is in ICU en hulle kan nou net wag. Die ou kleintjie is gediagnoseer met nierversaking, maar hulle kan nie `n oorplanting doen nie omdat die niere nog moet groei en boonop is daar nog bykomende dinge wat alles net erger maak.

Hoe troos jy `n mamma wat so uitgesien het na haar bondeltjie vreugde en sy het hom net vir so `n kort tydjie? Hoe troos jy die boetie, wat alweer tot siens moet sê nog voordat hulle kon saam speel?? Hoe troos jy die pappa wat nie die kans sal kry om mannedinge saam met hom te doen nie?

Ons kan so baie dinge vir hulle sê om te probeer troos, wat hulle dalk nie sal troos nie. Ons moet vir hulle bid en die Here vra om hulle in sy arms toe te vou en daar vir hulle die berusting gee wat nodig is.

Liewe Heer

Wees asb by hierdie gesin tydens die sterwensuur van hulle baba. Vou hulle toe in U arms en bemoedig hulle. Here, dit is so moeilik om vir `n baba tot siens te sê veral as hy net vir so `n kort rukkie by hulle was. Vertroos hulle soos net U dit kan doen. Laat U wil geskied Here! Amen. 

Ek het hierdie tassie vir julle gepak: Daniël se GELOOF; Rut se GETROUHEID; Job se GEDULD; Paulus se DEURSETTINGSVERMOë en Jesus se LIEFDE!

Bernita baie sterkte vir julle en ek bid vir julle!

E

6 responses »

  1. Ek is stom geslaan oor die skrywe … wat kan mens sê ….

    Opnuut besef mens hoe kosbaar is die mense om jou, finaal jou familie.

    Baie baie sterkte aan die betrokke gesin. Niks is onmoontlik.

    Eben

    Reply
  2. Nou moet ek vir die 2de keer vanoggend trane afvee . . . ek is so jammer vir hulle . . . ons bid vir sterkte en geduld en sommer alles . . .

    Reply
  3. Dit is een van die seerste sere in die lewe. Ek praat nie graag oor my dogtertjie nie maar miskien moet ek vir ‘n slag. Baie sterkte vir die gesin en mag Jesus hulle bitter styf vashou.
    Hexi

    Reply
  4. Ek gaan my kinders nou eers op druk! Sjoe, sterkte daar. Dis erg.

    Reply
  5. Dis baie erg. Ek het hoendervleis my hele lyf deur. Sê sterkte aan Bernita en hou my asb op hoogte.

    Reply
  6. Pingback: Alle eer aan ons Hemelse Vader « Gedagtes, stories ………

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: