RSS Feed

Vrouewees!!

Posted on

Liewe Vrou 

Ek het jou lief net soos jy is. Kom na my toe en vertel my van al jou

vrouwees-stoei, jou besigwees en al die eise wat jou lewe soms onmoontlik maak.

 

Praat maar met my, Ek luister en verstaan.

Jy is vir my kosbaar. Daarom wil Ek jou graag vertel hoe lyk die beste

weivelde vir jou. (Nie dit wat die wêreld van jou verwag nie).

 

Ek sal jou help swem in jou stroomversnellende lewe… jou selfs lei na vredevolle

waters. Want Ek weet hoe moeg jy is.

Daarom sal ek elke dag vir jou `n nuwe stuk krag gee vir die dag.

Leef maar net 24uur op `n slag. Môre sal Ek jou weer versterk.

 

Boonop sal Ek jou help om die regte paaie te loop.

Jy hoef nie jou lewe alleen te kompas nie.

Ek is immers die Ewige Navigeerder.

Daarom sal Ek jou in die donker van jou lewe lei.

 

Wanneer jy bang en onseker jou weg moet vind of die lewe vir jou nag voel, is Ek by jou, langs jou en voor jou.

Gee My jou hand dat Ek jou veilig kan lei.

Ek nooi jou ook om jou lewe met My te deel – want dan sal jy niks kortkom nie, omdat Ek in al jou behoeftes sal voorsien.

 

Inteendeel, in My huis sal Ek jou oorlaai met onbeperkte goedheid en liefde.

Kom na My toe, liewe vrou – Net soos jy is.

Ek wil graag jou Herder wees.

Hemelse liefde en seën.

 

Jou Hemelse Vader!

Ek hoop almal geniet Vrouedag!!

E

 

2 responses »

  1. Baie sterkte vir jou!! Hoop jy geniet ook Vrouedag!

    Reply
  2. Dankie, dis pragtig! Sterkte ook aan jou vriendin en haar gesin, en vir jou ook. X

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: