RSS Feed

Baie Geluk!!!

Posted on

Adele en HennieBaie geluk sus met jou huweliksherdenking!!! Ek hoop julle sal nog lank gelukkig wees en dat die Here julle as gesin seën!

Wat is Liefde!

Dis `n houtkruis teen alleenheid,

`n Steunpilaar in pyn,

`n vuurhoutjie en `n olielamp,

wanneer jou lewenslig begin kwyn.

Dis `n skouer om op te huil,

wanneer die wêreld jou soms druk. 

`n Hand wat weet wanneer om jou vas te hou, 

en wanneer om vir jou `n roos te pluk.

Dis `n oor wat na jou luister,

al praat jy soms nie ‘sense’,

`n stem wat vir jou fluister:

“Jy is `n dierbare mens”.

Dis `n kombers teen die koue, 

`n sambreel teen die reën,

`n fort waardeur geen wind kan waai,

selfs wanneer die donderweer buite dreun.

Dis `n telefoonoproep uit die bloute, 

`n drukkie wanneer jy dit die nodigste het,

en wanneer woorde oorbodig is,

word Liefde `n stille gebed.

Bo alles is Liefde `n gawe van God –

geen mens kan daarsonder klaarkom –

dis die kern van Sy grootste gebod!!

Ek is lief vir jou!!

5 responses »

  1. Baie dankie vir die mooi gebaar, dit beteken vir my vreeslik baie. Lief vir jou en verlang baie, jy moet nou kom kuier.

    Lekker dag

    Adele

    Reply
  2. mooi mooi mooi…..

    Lekker naweek

    troedelkies
    xxx

    Reply
  3. Dis vreeslik mooi. Is dit jou eie skepping? As dit is, ek’s baie beindruk!

    Reply
  4. Boendoe, dis nie my eie skepping nie, wens ek kon sê dit is, maar dit was vir my so mooi ek moes dit net hier opsit. Ek het dit lank terug met `n epos gekry.

    Reply
  5. Die mooi sus. Ek is bly om te sien ons sus is gelukkig. Dit maak die dag sommer lekkerder.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: