GO Cheetahs!!!!

Posted on

BA en Devan by rugby

Hier is twee baie getroue Cheetah ondersteuners – my seuntjie Ben-Arthur en sy maatjie Devan!

Wat `n great game was dit nie die naweek nie! Ja, ek het op `n stadium gedink dat die Bulle die wedstryd gaan wen, maar die Cheetahs het weereens gewys dat niks hulle gaan keer om die Curriebeker te hou waar hy hoort nie – in Bloemfontein! 🙂

Baie geluk Cheetahs met julle oorwinning van 44-18!!!!

GO CHEETAHS!!!!!!

Ek hoop almal het `n heerlike warm oranje week!!!!

E

7 responses »

  1. As getroue Bulls ondersteuner is dit uiteraard vir my maar swaar, maar baie geluk cheetah’s!

    Ek dink nie daar is iemand wat die manne hierdie jaar gaan stop nie.

    Antwoord
  2. Ter aan sluiting by Jaco …. Onthou net, die C/B word nie Augustus gewen nie. Die Bulle is onder die eerste 4 en dan is daar nog die semi-finale ens.

    Gie gie … daar is nog plek in die bus oppad Pta toe vir die einstryd, jy moet sê as daardie 2 Cheetah’tjies wil saam ry.

    Weet net, die Bulle sal een van die 2 spanne in die eindstryd wees.!!

    Eben

    Antwoord
  3. Ja Eben, ons sal maar wag en kyk! Ek stem nog steeds dat die Cheetahs die C/B gaan wen! Ek kan darem sê dat as die Bulle nie teen die Cheetahs speel nie, skree die 2tjies vir die Bulle. 🙂

    Antwoord
  4. MAG ENIGE SPAN WEN SOLANK DIT NET NIE DIE BLOU BULLE IS NIE !!!!!!!! HOOR VANOGGEND DAT DIE BEKER NOOIT WEER GEDEEL SAL WORD NIE SO DIT IS OOK NOU DIE LAASTE KEER IN ‘N LAAAAAAAAAAANG TYD DAT DIE BULLE DIE BEKER SAL SIEN.

    Antwoord
  5. Ohhhhh yessss!!!! Cheetahs bo! Ek gaan definitief ‘n warm oranje week he! Was dit nie fantasties nie? Eben, jy is die ene suur druiwe! Watter bus gaan Pta toe vir watter eindstryd??!!

    Antwoord
  6. In die afwesigheid van enige vuurwerke van my eie Streeptruie, verheug ek my ook oor die Vrystaat se wen-rugby.

    Antwoord
  7. Ag toe. Ek sal altyd ‘n Blou bul bly, maar as die Cheetas verdien om te wen, dan moet hulle wen.

    Antwoord

Lewer kommentaar