RSS Feed

Die middelste een????

Posted on

Daar is `n paar dinge wat my gewoonlik uitfreak en een daarvan is mense wat dinge kan sien. Ek weet nie wat om van hierdie een te dink nie, maar ek gaan julle vertel en dan kan julle self oordeel!

My suster en haar man het laas week `n drankie in `n pub gaan drink en sy en `n vrou het aan die gesels geraak. Let wel hulle ken mekaar nie!! Ek sal dit so skryf soos wat hulle gepraat het.

Vrou: Ek sien drie persone by jou. Die een aan jou linkerkant is jou ouma en sy het altyd met jou hare gespeel toe jy klein was.

Sus: Ek kan nie onthou dat sy het nie. ( My suster het later my ma gevra en sy het gesê my ouma het met haar hare gespeel).

Vrou: Die persoon agter jou is jou pa en sy beste vriend se naam begin met `n B.

Sus: Ja sy vriend se naam begin met `n B.

Vrou: Die persoon aan jou linkerkant is `n vrou en haar naam begin met `n L.

Sus: My suster se naam is Elmien. (Sy het nie geweet of die vrou praat van die letter L of die begin van my naam nie)

Vrou: Nee dis nie jou suster nie, sy het donker hare en die vrou het blonde hare. Sy kan moontlik `n vriendin of beskermengel wees.

Sus: Sy weet nie van so iemand nie. (My sus het na die tyd aan iemand gedink wie dit kan wees, maar dit is `n storie vir `n ander keer).

Toe kom ek sommer in die prentjie en ek ken ook nie die vrou nie – ek weet nie eers hoe sy lyk nie.

Vrou: Ek sien drie mans in jou suster se lewe. Sy gaan die middelste een kies, hy is lank, maer en het kort donker hare.

Sus: Ek weet nie, ek sal haar vra.

Nou ja, ek was stomgeslaan toe my sus dit vir my vertel. DRIE mans, liewe magtig daar is nie eers een in my lewe nie (behalwe natuurlik my seun).🙂

Dit freak my totaal uit, hoe kan iemand wat ek glad nie ken nie sulke dinge kwyt raak. Nou gaan ek die hele tyd wonder as ek iemand ontmoet of hy dié een gaan wees. Nee magtig dan wil ek liewer nie sulke goed weet nie.

Iemand het ook eendag vir my gesê dat ek weer iemand sal ontmoet as my seun skool toe gaan. Dit was omtrent so 2 jaar terug en ek dink nou weer daaraan, want hy gaan volgende jaar skool toe.

Ek weet ek moenie dit kop toe vat nie, maar hoe de hel moet jy dit vergeet. Die vrou het dinge vir my sus gesê wat sy NIE kon weet nie en nou die “voorspelling” van die drie mans en boonop watter een ek gaan kies. Hel, hoe gaan ek dit uit my kop kry???

Was julle al by waarsêers of so iemand en het dit wat hulle vir jou gesê het waar geword??

E

6 responses »

  1. Soe (!!!) dis interressant. Glo ek daarin, wel kom ek stel dit so ek vind dit baie interressant.

    Eendag sal ek jou iets vertel oor sulke dinge wat my al te beurt geval het.

    Hi sterkte …

    Eben

    Reply
  2. Iemand het eendag in SA ‘n voorspelling vir my gedoen. Sy het gesê ek gaan baie ver reis, en sy sien baie water … nou sit ek in Holland (en hier is baie water) Sy het ook vertel van ‘n persoon wat agter my gestaan het, dit was my oom wat oorlede is, en sy het hom op ‘n druppel water beskryf. Dis soms scary, maar ek vind dit ook baie interessant.
    Moenie te veel daaroor nadink nie, jou kop gaan raas …

    Reply
  3. Jong sulke mense freak my uit. Ek was eendag by ‘n vrou en sy het gesê sy sien net donkerte vir my… Dis depressing en ek het so gehuil. Ek het gevoel soos Maryna van Sonkring! Liewerste vertrou ek op die Een wat die sterre gemaak het as om die sterre te vertrou.
    Sterkte vir jou en pass maar die buitekantste twee vir my!

    Reply
  4. Hoe’t die wyse manne geweet waarnatoe om die geskenke te neem?

    Dagsê!
    Ding het die onderwerp geniet – dankie dat man-man dit kon lees. Daar is goeie predikante en predikante wat uit boeke preek. Daar is goeie dokters en daar is dokters wat, jawel. Daar is mense met die gawe om te kan sien en dan is daar mense wie voorspellings bedryf.

    Baie sê-vra dit is twak om die “sterre voorspel” ernstig op te neem. Hoekom sal dieselfde goete nou met jou gebeur wat met man-man gebeur?? Ons deel dalk ‘n verjaarsdagdatum, maar daar stop die ooreenkomst, ne. Maar die kuns is om die boodskap wat daar is, raak toe te identifiseer in jou eie lewe en om die nodige leiding te neem wanneer dit daar is. Maar dit is ‘n fyn kuns, ding dink.

    Daar is mense wie met die gawe wat hulle het, ‘n verskil kan maak. Ding is maar plaasboer, maar ding weet hoekom ding sulke nommers baie, baie ernstig vertrou – selektief, maar ernstig. Die Een wie die sterre gemaak het, het ook talente en gawes uitgedeel. En ding waag versigtig die volgende: my ouers het my nie blindelings laat groot word nie – daar was telkens rigtingwysers wat ding self moes ontrafel, maar hulle was daar. Nou, as my aardse ouers my die rigtingwysers gee, hoekom sal my Hemelse Vader dit nie doen nie?

    Dankie vir die geleentheid!
    ding

    Reply
  5. Mmmmm, ek is te bang om naby een van die mense te kom wat voorspel. Ek wil nie weet nie. Ook nie wat mense aan die anderkant vir my wil sê nie.

    Ek het egter die ringstorie gedoen as ‘n grap en al daardie grappies het sover waar geword. Die ring het die groot spasie tussen my kinders gewys en daarna doodstil gaan staan. Ek kan nie meer kinders hê van ‘n jaar na my laaste se geboorte nie. My kinder is 9 jaar uitmekaar en in die geslagte wat die ring voorspel het.. Toeval? Boos? Ek het dit nie geglo nie en ek en my vriendinne het lekker daaroor gelag, maar ons krose lyk vandag soos die ringe toe vertel het, by verskillende geleenthede. Dit is egter net 4 uit miljuisende.

    Reply
  6. Dis scary. Laat weet my as die mans opdaag. Jy het lank gewag en nou gaan jy dalk jou hande vol he.

    Ek vind dit ok baie interresant.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: