RSS Feed

Eerstes

Posted on

As ouer is daar baie eerstes wat jy saam met jou kind/ers beleef.

Die eerste glimlag. Die eerste keer wat hy sy armpies na jou uithou om opgetel te word. Die eerste woord. Die eerste tand. Die eerste tree…….

Ben-Arthur het gister weereens een van sy ‘eerstes’ mylpale gehaal. Hy het sy eerste tand gewissel!!

Hy is so opgewonde dat hy vir almal wat hy sien wys hy is nou haasbek. Hy het vir al wat leef en beef gebel om te vertel wat gebeur het. Hy het sy slipper langs die bed gesit toe hy gaan slaap het. Baie bekommerd wou hy by my weet hoe gaan die tandemuis in die huis kom as ons slaap. Ek kon hom darem gerusstel dat die muis wel sal kan inkom.

Ek moet sê dit het nogal snaaks opwindend gevoel toe ek sien hy slaap nou lekker vas en ek die geldjie gaan haal, in sy slipper sit en die tandjie uithaal. Nogal op `n manier hartseer ook!

Nou ja, vanoggend toe ek hom wakker maak het hy so op die bed gesit en ‘probeer’ wakker word toe hy skielik onthou en omtrent van die bed afduik om te kyk of die tandemuis gekom het. Groot was sy blydskap toe hy my kom wys die tandemuis het vir hom `n geldjie gelos. Hy sê toe vir my: “Mammie die tandemuis het wraggies vir my R5 gegee en dit was so `n klein tandjie!” Hy het dadelik die geld in sy spaarbussie gaan gooi (hy spaar vir die vakansie).

Wow! Hier het ek net weereens besef dat `n kind opgewonde kan raak oor klein dingetjies. My wens is dat ons as volwassenes ook weer kinderlik opgewonde kan raak oor die klein dingetjies in die lewe.

Heerlike week vir almal!

E

8 responses »

  1. My hart raak sommer seer en bly vir jou op dieselfde tyd.

    Reply
  2. Is dit nie waar nie? Ek het vanmiddag saam met my vierjarige op die sypaadjie gaan sit en kyk hoe die vinke hul nessies bou. Snaakse kyke van die verbygangers gekry, maar ek dink nie HULLE weet hoe vinke hul nessies bou nie!

    Reply
  3. Ai ek raak sommer hartseer. My doggie het 2 tande wat los is. Die oggend toe sy dit voel moes ons omtrent die wereld aan die brand bel om almal te vertel.
    Pa sal maar muis moet speel, eks bevrees ek sal slaap!!

    Reply
  4. Dis nou een ding, niemand in die hele … hele wereld kan dit koop wat mens beleef nie.

    Toe dit Steyn se beurt was, moes die venster oop, en die deur toe, want wat gebeur as Baffel (hond) die muis hoor en verja die muis. (ag vadertjie) en wat ek ook gedoen het, stukkie kaas daar gesit, want onthou ons woon daardie tyd in Malelane en my skoonouers in Brits en die huis kom vêr!! Daar is ook meel (glo my) naby die slippertjie gegooi dat hy kan sien die spore is daar.

    Die betrokke aand kom ek in soos Pink Panter op die tone, wat stoksyf van die jig is, (sic) en hap klein stukkie van die kaas af, en neem al my vingers bymekaar en maak foet spore soos die muis besoek afgelê het ….

    Daardie gesig die volgende oggend, dan weet jy, dit was die moeite werd.

    Hi … lekker aand

    Reply
  5. Jou “haasbekkie” het vir my so ‘n mooi naam!🙂

    Reply
  6. Genade Eben, ek is bly dat ek nie sover moes gaan om te bewys dat die muis daar was nie.

    Dankie Kaalvoetkind.

    Reply
  7. Jaaaa Kokkewiet julle Vrystater het baie om te leer by die Bulle jong!!!

    Reply
  8. Eben,

    Ek het die laaste 2 jaar in Malelane gebly e vir 1 jaar by Desiland kleuterskool gewerk? Ken ons dalk mekaar. Ek en my man het nou PE toe getrek.

    Sus, soen my kind se haasbek, tot hy huil en skree jy moet ophou. Net soos ek hom gesoen en druk het toe hy ‘n baba was.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: