RSS Feed

Iewers het ek iets gemis!

Posted on

Eendag toe ons gery het, het Ben-Arthur skielik van die agtersitplek geskree: ” Punchbuggy Rooi!” Verbaas vra ek hom wat het hy geskree. Hy wys toe vir my die Volla wat hy gesien het.

Ek het dit gelos en gedink dit is maar weer net hy en sy maatjies wat `n nuwe woord opgemaak het. Elke keer as ons iewers is en hy sien `n volla dan sal hy uitroep punchbuggy en die kleur.

So twee weke terug kuier my niggie-hulle hier by ons. Ons gaan toe bietjie rondloop en toe sy `n volla sien sê sy dieselfde as Ben-Arthur. Nou moet ek darem byvoeg dat sy al getroud is en nie so oud soos Ben-Arthur is nie – as julle dalk gewonder het.

OMF, wat het ek gemis! Was ek vir `n paar uur, dae, maande, jare in `n koma, of dalk iewers in die buitensteruim. Hoekom weet ek nie wat `n punchbuggy is nie!!! Ek ken die Volla as `n volksie, miskien Herbie, MAAR punchbuggy!!!!!!

HELP, ek is seker ek is in `n generasie gaping vasgevang. Ek wil uit hierdie gaping uit en ek gaan beslis volgende keer mooi luister as Ben-Arthur iets sê – ek leer dalk net iets.🙂

Hoeveel van julle het geweet dat `n Volla ook `n punchbuggy is?

E

9 responses »

  1. Ons het dit ook gespeel Elmien maar ons het mekaar nog ‘n lammie ook gegee as ons ‘n volla eerste sien! My wereld, nie gedink die kinders speel dit nog nie…
    Dankie vir jou boodskappie op my blog.

    Reply
  2. Nee wragtag, nou is ek nuuskierig. Ek het ook nie geweet van punchbuggy’s nie.

    Reply
  3. Ek gooi klip in bos … Kan dit nie afgelei word toe die Volla in die jare 80’s verander is na Baja-Bugs?

    Die banpers is afgehaal en so lekker wintie gemaak??

    Reply
  4. Nee wat jong, dis ‘n generasie-ding. My seuns het dit by hulle nefie van Pietersburg opgetel, en dis nou al ‘n staande “kompetisie” om te kyk wie wen met die meeste “punchbuggies” op ‘n dag. Ja, ma (dis nou ek) speel saam… ek het natuurlik net die hou op die skouer verbied, dit kan ‘n aardige spulletjie raak.
    Punchbuggy is hier om te bly.

    Reply
  5. Nee, o vrek, ek dink ons het langs mekaar gesit in daai gapende gat. Ek ken dit ook nie. Moet sê, my doggie het woorde soos ‘cool’ en ‘awesome’ wat daagliks uitgespreek word en wat nie ek of hubby gebruik nie – maar dit verstaan ek darem!!

    Reply
  6. Toemaar, moenie te sleg voel nie. Ek ken ook nie daardie woord nie. dalk is ons almal in ‘n ander dimensie!

    Reply
  7. Jare en jare en jare gelede, toe ons nog kinders was en die wêreld was mooi laai my ouers die army knaap op wat lift gesoek het. So met die ry saam elke keer as ons onderdeur ‘n brug ry sit hy sy hand op sy kop en se koppie koppie koppie. Na so paar keer van die gedoente vra moeks hom nou maar hoekom doen hy dit. ‘nee’ se die knaap ‘dis om te keer dat die brug nie op sy kop val nie. Nou ja, daai sê ding het saam ons baie jare lank gebly. Tot ons uiteindelik groot geword het.

    Maak seker maar die lewe interresant of hoe??

    Groete

    Sonneblom

    Reply
  8. Jip, speel nogsteeds daai game!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: