RSS Feed

Om totsiens te sê is soooo moeilik!!!

Posted on

My hart is stukkend!!

Daar is so baie mense wat smag daarna om `n baba van hulle eie vas te hou. Ek het `n wonderlike seun en hy is my alles. In die 5 jaar wat ek geskei is, het ek en hy `n band gevorm wat nie gebreek kan word nie.

Almal wat my ken weet hoe graag ek nog kinders wil hê. Ja en nou kan ek sommer hoor hoe van julle sê: “Is jy mal!”. Ek het so `n groot liefde vir kinders dat ek regtig nog wil hê. Ek weet die wat ook graag kinders wil hê en nie kan nie nou vir my gaan sê wees tevrede met jou seun wat jy het. Ek is die Here baie dankbaar vir my seun wat Hy my gegee het.

Ek sal maar die storie vir julle vertel oor hoekom my hart stukkend is en miskien sal julle verstaaan. Ek wil baie graag `n dogtertjie hê. Ek wil saam met haar al die ma en dogter dinge doen. Ek wil saam met haar in die mall rondloop en na al die mooi klere, skoene en ander dergelike vrouedinge kyk. My seun haat dit as ek in `n klerewinkel ingaan!

Aan die begin van die jaar het ek `n lieflike dogtertjie, sy is amper 2jaar, ontmoet. Sy is my bure se dogtertjie en sy het heeltemal in my hart gekruip. Elke kans wat ek gekry het, het ek met haar gespeel en opgetel en drukkies uitgedeel.

Sy het onlangs begin om my naam te sê of eerder sy probeer om my naam uit te spreek. Ek sal vir haar sê ‘Watch it little girl’ en my vinger vir haar wys en dan sal sy haar vingertjie vir my wys en sê ‘Walla’. Sy probeer haar bes om Love you te sê, maar dit sukkel nog. Harde drukkies word met kreune en steune gegee.

Sy het vir my geword wat my eie dogtertjie vir my sal wees. Toe kry ek die nuus dat hulle gaan trek. Ek wou dit nie glo nie, hoe gaan ek dit regkry om vir haar totsiens te sê?

Saterdag was toe D-dag. Ek was die hele oggend maar tranerig. Toe die oomblik aanbreek was dit ongelooflik moeilik om haar te groet. Ek het haar so styf vasgehou en aanhou soen en drukkies gee. Dit was soooooo moeilik!!😦

Vandag kan ek sê dat ek AMPER kan begin verstaan hoe ouers moet voel om `n kind te verloor. Nou kan almal vir my sê dat ek moet onthou dat dit NIE my kind was nie. Ek weet , ek weet maar OMF dit maak dit nog nie makliker nie.

Ek het ontsettend lief geword vir haar en ek mis haar al klaar vreeslik baie. Ek weet ook nie hoe gou ek haar weer sal sien nie.

Laboné, tannie Mien gaan jou vreeslik baie mis en ek is baie lief vir jou!!!!

E

7 responses »

  1. Jong, ek het die dogtertjie en jy die seuntjie wat ek weer graag wou hê. Dalk moet ons plan maak en langs mekaar intrek. My dogtertjie is ook nou 5.

    Reply
  2. Jy sal maar ‘n nuwe een moet kry om mee te speel en te kuier en te bederf . . . ek is seker daar’s een naby jou!

    Reply
  3. My hart is saam met jou seer.

    Reply
  4. Ja….kry ek nou knop in die keel. Maak nie saak wat wie vir jou gaan se nie, dit gaan nie die saak beter maak nie. Kom ek jou vertel, ek wou my lewe lank net seuns he. Was mal oor hulle. Seuns speelgoed was vir my eenvoudiger om te koop, en hulle dress makliker as klomp stuitige meisiekinders. TOT ek my dogtertjie verwag het, en sy gebore is. Ek het vir die heel eerste keer in my lewe ‘n naaldwerk masjien gekoop en vir haar ‘n ‘outfit’ gemaak. My lewe het om haar begin draai. Vandag is sy 14, en die appel van my oog. Ek het die ding omtrent my kinders. My seun is my hart se punt, en my dogter my oogappel. So het hulle elkeen ‘n spesiale plek in my wese.

    Ek hoop jy vind liefde by ‘n man wat vir jou nog ‘n kind kan gee. En ek hoop dit sal jou dogter wees. Hou net moed. God werk met ‘n plan. Jy sal jou doggie hartjie kry. Sodra die tyd reg is…..

    Hoop jou dag is sonder trane.

    Groete

    Sonneblom

    Reply
  5. Hallo Daar.
    Ek het ook so rukkie terug so gevoel.Ek het my Sus se dogtertjie vi haar grootgemaak , tot op 2 en half jaartjies , toe moet sy terug na haar na toe. Dit was vir my net so baie swaar.Die beste is om aantebeweeg en die goeie tydjies te onthou. n Deel wat ons (ek en jy) is daai kinders se lewe gemaak het sal ver altyd onthou word.Snip (my naam vi haar) kuier op die oomblik weer by my en ek bewaar elke oomblik. Baie sterkte en as daar dinge te veel raak , kom na ons toe.

    Groete Beertjie

    Reply
  6. Hoop jy voel al beter? En miskien kry jy tog eendag jou eie dogtertjie! Sterkte!

    Reply
  7. Goeie more,

    Ek loop weer rond vanoggend net om gou vir julle almal hello te kom sê. Winter is so paar uur van verby af. More is lente!!

    Geniet jou daggie,

    Groete

    Sonneblom

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: