RSS Feed

RIP…

Posted on

Prinses Diana

Almal sal haar onthou as die onskuldige jong vrou wat met haar prins getroud is in 1981. Ek onthou hoe ek as klein dogtertjie voor die tv gesit het en gesien het hoe lyk `n ‘regte’ prinses. Dit was `n sprokies troue gepas vir `n prinses.

Sy was `n rolmodel vir baie mense, vir my was sy `n rolmodel van liefdevolle moederskap. Ek was mal daaroor dat sy altyd tyd gemaak het vir haar kinders en nie so ‘stuck up’ was soos die ander koninklikes nie. Ek onthou die foto waar sy na `n tyd weg van die seuns na hulle toe gehardloop het met uitgestrekte arms toe sy hulle sien. Sy het ook sommer haar skoene uitgeskop en saam met die ander mamma’s resies gehardloop.

Sy was ook `n ikoon van menslikheid. Sy het die hele wêreld aan haar kant gehad, veral met haar werk onder die armes, haar betrokkenheid by die VIGS kwessie en ook by die landmyn slagoffers.

Sy was soms statig en `n toonbeeld van elegansie, maar saam met William en Harry het sy teerheid uitgestraal en soms kon jy kinderlike vreugde op haar gesig lees. `n Mens kon baie maklik op haar foto’s sien wat haar gemoedstemming daardie oomblik was. Haar lyftaal het altyd boekdele gespreek.

Dit was so hartseer toe daar in die latere jare van haar huwelik `n troebelheid in haar oë was. Dit het duidelik vertel van die ontnugtering wat sy beleef het en ook dat verydelde drome hul tol geeis het.

Ek dink sy het weer geluk gevind voordat die tragiese ongeluk op 31 Augustus 1997.Ek sal nooit vergeet hoe hartseer ek gevoel het toe ek  die ontstellende nuus gehoor het nie. Ek was so hartseer en het die dag van haar begrafnis baie gehuil. Ekhet toe besef watter rol sy elke mens op aarde se lewe gespeel het. Ek het gehuil oor iemand wat ek nie geken het nie, maar tog het dit gevoel of ek `n baie goeie vriendin verloor het.

Haar broer, Graaf Charles Spencer, het die volgende op haar begrafnis gesê en ek dink nie enigiemand kan dit beter stel nie. 

 “In die laaste jaar van haar lewe het sy geen koninklike titel nodig gehad om haar besonderse betowering uit te straal nie.”

Prinses Diana sal nog lank onthou word vir die mens wat sy was en ook vir die werk wat sy op verskeie gebiede gedoen het.

Ek dink ook vandag aan Prinse William en Harry, wat vandag met weemoed gaan terugdink aan die wonderlike tye wat hulle saam met haar beleef het.

E

5 responses »

  1. Ek was ook baie hartseer toe sy dood is. Sy was maar ‘n jaar ouer as ek en ons kinders verskil ook net ‘n jaar. Charles het om selfsugtige redes met haar getrou omdat hy slegs ‘n jong vrou gesoek het om aan hom erfgename te besorg. Sy’t uit ‘n gebroke huis gekom en moes eintlik ‘n man gehad het wat haar kon liefhê en aanvaar net soos sy is en haar kon koester. Toe trou sy met haar prins en kry ‘n koue, ongevoelige buffel! Dis só jammer dat haar kinders moes groot word sonder haar – sy was só ‘n wonderlike ma.

    Reply
  2. Toonbeeld van vroulikheid, durf, elegansie, liefde, en moed. RIP Diana.

    Sonneblom

    Reply
  3. Daar sal nooit meer iemand, so spesiaal soos sy wees nie.
    Sy was elke vrou se voorbeeld gewees.

    Reply
  4. Hi daar
    Ja, baie mense se daar word te veel van ‘n ophef van haar gemaak, maar hoekom nie? Sy was ook maar net ‘n mens met baie emosionele bagage en ‘n rits foute, maar die mooi wat sy beteken het vir almal met wie sy in aanraking gekom het oorskadu dit alles. En ja, Karoles is reg, sy was voorwaar ‘n voorbeeld vir elke vrou. As daar meer sulkes was, was die wereld ‘n baie beter plek om in te leef!
    Mooi dag verder🙂

    Reply
  5. Sy was vir my net so pragtig. Hierdie regte prinses wat ‘n sprokie na die waarheid laat lyk het. RIP

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: