RSS Feed

Hoop??

Posted on

Gedagte vir die dag:

To get out of difficulty, one must usually go through it! 

 

Ek voel die laaste tyd moedeloos, hooploos (is daar so woord) en sommer net alleen.

Ek voel so alleen al het ek wonderlike vriendinne, `n seun wat my altyd laat lag en eintlik baie om voor dankbaar te wees, MAAR ek is moeg van alleen wees. Ek wil “`n maatjie” hê. Ek wil iemand hê met wie ek kan gesels, gaan koffie drink en miskien gaan fliek en nou praat ek nie van my vriendinne nie. Ek soek `n mansvriend.

Ek kan nog nie met alle eerlikheid sê dat ek gereed is vir `n vaste verhouding nie, maar `n vriend sal nou regtig waardeer word. Ek is mal oor my vriendinne, maar dis nie dieselfde nie. Ek glo dat ek die regte een sal ontmoet wanneer die Here dink die tyd is reg, maar dit raak moeilik om te wag. 

 Tesame met die alleenheid gaan ek nou deur `n verskriklike moeilike tyd wat finansies betref. Ek is baie moedeloos en weet nie meer hoe ek die volgende maand gaan maak nie. My hart breek as ek vir die eenvoudigste dinge vir my seuntjie moet nee sê. En ja, dis waaruit my woordeskat nou bestaan as hy my iets vra. Ek glo nie daaraan om vir hom alles te gee wat hy wil hê nie, maar ek kon altyd af en toe hom met iets bederf en nou kan ek nie meer nie.

Ek voel party dae net glad nie lus om op te staan nie, maar ek kan darem sê met die krag en genade wat ek van die Here ontvang kan ek nog aangaan. Een dag toe ek baie af en moedeloos gevoel het, het ek die volgende van `n vriendin met e-pos gekry.

Whatever your cross,

whatever your pain,

there will always be sunshine,

after the rain….

Perhaps you stumble,

perhaps even fall,

But God’s always ready,

to answer your call….

He knows every heartache,

sees every tear,

A word from His lips,

can calm every fear….

Your sorrows may linger,

throughout the night,

But suddenly vanish,

in dawn’s early light…

The Saviour is waiting,

somewhere above,

Toe give you His grace,

and send you His love…

Whatever your cross,

whatever your pain,

“God always sends rainbows…

after the rain…”

Ek het eintlik nou heeltemal te veel hier gesê as wat ek aanvanklik wou, maar ek moet sê ek voel nogal beter!!

E

9 responses »

  1. Hy sal kom… as die tyd reg is!!!!

    En … as dit die regte ene is!!!

    Dink baie mense voel soos jy doen, maar het net nie die ‘guts’ om dit ‘hardop’ te sê nie!!!
    🙂

    Reply
  2. Hi Kokkewiet,

    Weet jy, ons almal voel een of ander tyd so moedeloos in ons lewe. Maar weet jy wat? Daar is altyd mense wat luister. En somtyds sonder dat mens dit vewag daag daar een uit die bloute op om te help. En dis natuurlik nie per toeval nie. God het ‘n spesiale plan met jou en met elkeen van ons. Die probleem wat meeste van ons het is ongeduld. Ons kan en wil nie wag nie. Maar God is besig om baie hard te werk aan die perfekte maat en oplossing vir jou. Al wat jy moet doen is om aan te hou glo. En nee, ek preek nie vir jou nie. Dis die laaste ding wat ek wil doen, maar ek wens ek kan jou hier vertel in watse diep diep gat ons al was. En ons was plat geslaan van moedeloosheid. En ons is daaruit. Ek het meer trane gehuil as die water in die Nyl. So al wat ek vir jou wil sê is ek weet hoe jy voel. En byt net vas. Dinge gaan vinniger gebeur as wat jy verwag…..

    Sterkte

    Sonneblom

    Reply
  3. Ag, ou Kokkewiet,
    Ek ken daai gevoel ook, jong. Byt maar net vas.
    Sterkte
    X

    Reply
  4. Elmien, dis beter om baie seker te maak dat MNR reg is! As MNR nie die Here ken nie, kan ‘n vrou se lewe nogal seer wees….baie seer met baie issues! As hy die Here ken, gaan so baie van paartjies se probleme sommer automaties makliker opgelos word, want dit word met respek benader. Sterkte, ek die Pappa Vader sal die regte persoon op die regte tyd stuur! Liefies

    Reply
  5. Sterkte ou Kokkie, ek dink aan jou.

    Reply
  6. Hey, ek wonder of jy bietjie beter voel?

    Reply
  7. Ai jong, ek weet ook hoe dit voel om nee te moet sê. Maar soos Sonnie sê, jy moet net aanhou vertrou. En dit klink seker cliché, maar die son sal regtig weer skyn vir jou. Sterkte, ons dink aan jou, en jy mag maar hier kom afpak, ons luister! Geniet die naweek!

    Reply
  8. Ek weet ook hoe dit voel, was ook al daar en dis niks lekker nie.
    Kom kuier bietjie vir my in Kimberley, kan nie onthou hoe oud jy is nie,
    maar hier is ‘n baie oulik, en ontsettend aantreklike 25jrige outjie aan wie ek jou kan voorstel?

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: