RSS Feed

Hemelhout….

Posted on
Uit Hemelhout Is Ons Gesny
 

Uit hemelhout is ons gesny,
‘n klein ou skippie ek-en-jy.
Met liefde is ons neergesit,
Op golwe groot en kruine wit.

Dit is ‘n onbekende see,
Waar HY vir ons die rigting gee.
Met toringsliefde langs die pad,
Sal HY ons om die rotse vat.


HY het vir ons ook vis gevang.
Ons vasgehou in die stormbang.

HY het ‘n hawe voorberei,
Waar al SY skippies veilig bly.
Skippies ek skippies jy…
Uit hemelhout is ons gesny!

ALLE EER AAN GOD
VIR ‘N SKIPPIE SOOS JY!!

 Hiermee wil ek net aan almal wat vir my die bemoedigende boodskappe gelos het baie dankie sê. Ek wil ook die engele(hulle sal weet wie hulle is), wat die laaste twee weke oor my pad gekom het, bedank vir dit wat hulle vir my beteken het.

E 

6 responses »

  1. Pragtige woorde …. is dit vir iemand spesiaal wat in jou lewe gestap het?

    Reply
  2. Eben is sooo nuuskierig! Jy klink darem of jy weer hoop het? Mooi stukkie wat jy geplaas het.

    Reply
  3. Agggg Boendoe !!! MWA!!!

    Reply
  4. Elmien het jy die Gedig “Uit hemelhout is ons gesny” geskryf? Dis verskriklik mooi.
    Ek het dit die eerste keer Desember 2007 by Club Mykonos gelees. Dit was in Langebaan se nuusbrief maar geen naam by digter.
    Laat weet my asb.wat jou van is.

    Reply
  5. Die gediggie ‘Hemelhout’ is geskryf deur SAPHIRA (Janetta Kannenberg) Daar is egter kopiereg op al haar werke. Haar e-pos is saphira@telkomsa.net.

    As die gediggie vir jou iets beteken het, laat weet haar. Sy sal dit waardeer !

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: