RSS Feed

Vriende

Posted on

Ek het na my oupa oorlede is besluit om nooit weer enigiets uit te stel nie – die rede hiervoor is ‘n ander storie wat ek later sal vertel.

As ek en my pa onder die lapa sit en kuier sal hy baie keer stories vertel van sy baie goeie pel, Bruce. Hulle het saam groot geword in Harrismith.

Hulle het alles saam gedoen en baie kattekwaad aangejaag. My pa het my vertel hoe ry hulle met Bruce se pa se kar in die mielielande, terwyl hulle nie eers deur die ruit kan sien waar hulle ry nie. Daar is so baie stories en ek lag elke keer as ek dit hoor en kan nie glo dat nie een van hulle ooit ernstig seer gekry het nie.

Nou ja, elke keer as my pa die stories vertel dan wonder hy waar is Bruce en wat hy nou doen. Ek het toe besluit dat ek gaan kyk of ek nie vir Bruce kan opspoor nie.

Ek moet sê dat dit glad nie so maklike taak was nie. Ek het op verskeie websites gaan registreer sodat ek kan sien of Bruce nie ook daar geregistreer is nie. Na vele onsuksesvolle probeerslae, besluit ek om op facebook te gaan kyk. 

Daar was ook net 1 persoon met sy naam en van en ek vat die kans en stuur ‘n mail sonder dat ek te veel inligting gee. Nadat ek ‘n tweede mail gestuur het, het hy gereageer. Hy het alles van my pa geweet en ek het geweet dat ek hom opgespoor het.

EK was so opgewonde, maar het myself belowe dat ek nie alles dadelik sal uitblaker nie. Ek wou ‘n ontmoeting met reël en ek wou die blydskap van twee vriende wat herenig word na omtrent 10+ jaar sien.

Ek en Bruce het via e-pos gesels, hy bly in die Kaap en ons moes plan sien aangesien my pa in die Vrystaat is. Hy sou kyk of kan hy nie Durban toe vlieg, terwyl ons daar met vakansie is nie, aangesien sy seun daar bly en dan kan hy sommer ‘n kuier daar inwerk ook. Nou ja die planne het toe nie so uitgewerk nie.

Ek kon natuurlik nie my opgewondheid langer hou nie – ek het toe alreeds 2 maande met Bruce gesels sonder om my pa te vertel ek het hom opgespoor. Ek reël toe met Bruce dat ek hom sal bel en dan kan hy en my pa so met mekaar gesels.

Dit was ook die eerste keer wat ek met hom oor die foon gepraat het, maar ek moet sê dat self deur sy e-posse kon ek agterkom dat hy regtig ‘n plaatjie is – altyd besig om grappies te maak.

Die lekkerste van die hele geheimhouding was toe ek die foon vir my pa gee en hy natuurlik geen idee het met wie hy praat nie. Die blydskap, toe hy hoor wie dit is, wat oor sy hele gesig gewys het was so lekker om te aanskou. Hulle het heerlik gesels en noudat hulle mekaar se kontaknommers weer het, glo ek dat hulle vriendskap weer sal gedy soos baie lank terug. Ek hoop dat hulle dit sal regkry om in die nabye toekoms saam kan sit en gesels oor die goeie ou dae!!

Hierdie vriendskap van my pa en sy vriend het net weer vir my gewys dat daar altyd iemand in jou lewe is wat altyd jou vriend sal bly. Dit maak nie saak hoe lanklaas julle met mekaar gepraat of mekaar gesien het nie.

Koester julle vriendeskappe en geniet elke oomblik wat julle saam kan spandeer.

Heerlike vir almal!

E

5 responses »

  1. Ag, dis ‘n mooi storie! Ja, vriendskap is ‘n besonderse ding.

    Reply
  2. Hi daar Kokkewiet,

    Dit was ‘n baie mooi ding wat jy gedoen het. Jou pa sal dit altyd onthou.

    Groete

    Sonneblom

    Reply
  3. Ek is ook opsoek na twee vriendinne, en try nou op Faceboek. My ander vriendin, Charmaine, en ek is vanjaar 21jaar maats. Ons gaan dit die naweek vier! Ons vriendskap is mondig. Dis ‘n mooi storie en ek hoop ek kry my maikies ook weer te sien… eendag. Hoop dit gaan goed met jou! Lekka naweek.

    Reply
  4. Dis iets mooi wat jy gedoen het. En in jou hart weet jy ook, dit was reg en hoewel nie so uitgedraai soos jy wou nie, is dit pragtig. Nou moet jy hulle net druk om mekaar te sien.

    Pragtige storie …..

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: