RSS Feed

1995 versus 2007

Posted on

Wie kan die eindstryd in 1995 vergeet!! Nou met die Bokke se eindstryd teen Engeland kom al daardie herinneringe terug. Oral hoor jy mense wat sê: Onthou jy wat het jy gedoen het, gesê het ens.  Kan julle onthou hoe julle Saterdag verloop het.

Ek onthou die volgende.

Ek was 2de jaar by Pretoria Technikon. Ek het Ballet gedoen – ja, toe was ek BAIE maerder as wat ek nou is. Nou ja, een van die ‘vakke’ wat ek gehad het was Jazz dans.

Ons is toe genader om die dag van die eindstryd te dans en ons sou daarvoor vergoed word. Ons is elkeen R250 betaal. Wow, ons was baie opgewonde en die harde oefening het begin. Dae en maande lank vir ure aaneen het ons geoefen.

Die van julle wat dalk so lank terug kan onthou – ons was die wat die afrika tema gedoen het. Niemand sou ons herken het nie – nie eers jou familie nie. Ons het die vreeslikste kopstukke en klere gedra, ons het onsself nie eers gesien toe ons die video kyk nie. Jy het net min of meer geweet waar jy gestaan het. LOL!

Die groot dag het aangebreek en die opgewondenheid was eintlik staties. Wie het nou kon raai dat die Bokke teen die All Blacks sou uitdraf.

Ons het gereed gemaak en in die lang tou van al die optreders ingeval en ons beurt afgewag. Die massas mense wat daar was, was iets om te aanskou. Dit het eintlik gedreun soos almal gesels en lag.

Uiteindelik was ons volgende in die ry en ons het in die opening van die tonnel gestaan, gereed om op die veld te hardloop. Net voor ons opgaan, het die Boeing oorgevlieg. Reg bokant ons en hy was so laag en dit was so oorverdowend. Ons het opgekyk en dit het gevoel of jy amper aan hom kon raak. WOW, ek kry sommer hoendervleis as ek net daaraan dink!!! Wat ‘n belewenis!!!

Ons het op die veld gehardloop en die lawaai en opgewondheid wat nou ‘n hoogte punt bereik het was so hard dat ons skaars die musiek kon hoor en het eintlik maar op gevoel gedans.

Die voorbereiding het vir ewig aangehou en die eintlike optrede was net 3 minute. Dit was net te gou verby, maar beslis die moeite werd om te beleef.

Dit het alles net soveel lekkerder gemaak toe die Bokke wen. Die malligheid in die strate na die tyd was vreeslik, maar niemand het omgegee nie. Almal was saam bly ongeag jou ras of kleur.

My wens is dat ons weer so saam sal juig na Saterdag se eindstryd.

Geniet al die onthou van 1995!!

GO BOKKE!!!!!!

E

5 responses »

  1. Ja, dis lekker om te onthou! Ek mens voel nou al weer die opgewondenheid in die lug. Go Bokke!😆

    Reply
  2. Wat ‘n voorreg! Dis nou ‘n kosbare herrinnering! Ek was St 9 in 1995!
    Ek het griep gehad en aaklig gevoel, my ma en my boyfriend het OBS gedrink en biltong geeet, ek het net biltong geeet, lol. Maar toe hulle wen het ek op en afgespring soos ‘n “jumping jack” wat niks makeer!

    Reply
  3. Wimpy Van der Sant soek ‘n date….gaan lees sy posting van gister…
    http://wimpievds.blogspot.com/

    Reply
  4. Ja dis lekker om terug te dink. Ek het natuurlik by vriende gekuier en na alles was dit met oor-en-oor-en-oor vertelle by die vuur!!

    Mmm almal praat so van Bokke wen, maar wat gaan gedoen word as hulle teug kom …. WOW (!!!!!!!!!!!)

    Iemand ooit daaraan gedink?

    Reply
  5. Dis ‘n mooi herinner en voorreg soos Feetjie seg. Moes amazing gewees het!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: