RSS Feed

Die Here weet!

Posted on

Die Here weet ….

 Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens Verpletterende omstandighede en situasies …. Weet die Here hoe hard jy probeer het.

Wanneer jy so lank trane gestort het En jou hart is beklemd …. Het die Here jou trane getel.

As jy voel jou lewe is doelloos En die tyd het jou agtergelaat . Was die Here saam met jou.

Wanneer jy eensaam voel en jou vriende Te besig is om te bel of nie verstaan nie …. Wag die Here saam met jou.

Die Here is aan jou sy wanneer jy dink jy alles Probeer het en nie meer raad weet nie …. Hy het die oplossing.

Wanneer niks sin maak nie en jy seer, Verwar of gefrustreerd voel …. Het die Here die antwoord.

As jou blik op die lewe verhelder En jy tekens van hoop in die lewe vind ……. Het die Here vir jou gefluister.

Wanneer alles klopdisselboom gaan En jy volop stof tot dank het …. Het die Here jou geseën.

Wanneer iets verstommends gebeur En jy daardie spesiale iemand vind …. Het die Here se glimlag op jou gerus.

As jy ‘n droom het om te volg En ook ‘n werklikheid om uit te lewe . Het die Here jou oë geopen e n jou naam genoem.

 Onthou net, waar jy ook al is, en wat jy ook al in die gesig staar .

DIE HERE WEET!

Is dit nie wonderlik om te weet dat wat ookal in jou lewe aangaan nie ongesiens verby gaan nie!

8 responses »

  1. Waar kry jy altyd sulke mooi goed?? Dis pragtig, en weereens, baie waar.

    Reply
  2. Die Here weet alles, HY ken ons seer, HY ken ons vreugdes, HY het ons al geken nog voor ons daar was. Ons name is ingegraveer in sy HANDPALMS.

    Reply
  3. Dis so mooi, ek het dit nodig gehad..

    Reply
  4. Pragtig en die belangrikste dis so waar.

    Sharks jy het dit so mooi saam gevat in jou comment.

    Reply
  5. Dis baie mooi. Ons moet dit meer male onthou.

    Reply
  6. En so pas is my dag sommer spanne beter…..

    Dankie………………….

    Reply
  7. Dit was regtig presies wat ek nodig het, want ek gaan deur donker dieptes.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: