RSS Feed

Wat moet ek doen?

Posted on

Het jy al ooit geloop met ‘n gevoel dat jy iets moet doen, maar jy weet nie wat, hoe en waar nie!! Kom ek verduidelik.

Ek loop nou al geruime tyd met so ‘n gevoel dat ek iets moet doen. Ek kan dit eintlik nie eers beskryf nie, maar die ‘gevoel’ is baie sterk en ek weet nie wat ek moet doen nie.

Ek gaan probeer verduidelik – ek voel ek moet iets doen wat betrekking het met mense – kinders, oumense of iemand wat iets of iemand nodig het. Ja, ek weet dit klink nie reg wat ek hier tik nie, maar ek het nie woorde om te sê hoe ek voel nie.

Ek het nie geld om te gee nie, maar ek het iets om te gee – ek moet net uitvind wat dit is.

Dis iets wat amper deel van my is en ek weet nie wat ek moet doen nie. Waar begin ek soek? Enigiemand dalk raad??? HELP my!!!

Ek bid baie hieroor en ek glo dat ek die regte antwoord sal kry.

Lekker dag vir julle!

E

12 responses »

  1. Raak rustig, stel jouself oop, bid en luister, jou antwoord sal jy kry!

    Reply
  2. In vandag se gejaag na wind, is dit maklik om geld te gee en dan diet iemand anders se werk te maak om mense te help. Soms dink ek die 15 minute wat ons saam met iemand spandeer en persoon hand gee is van meer waarde as geld. Gee tyd en aandag.

    Reply
  3. Wat van vrywillige hulp aan ‘n ouetehuis of kinderhuis naby jou? As jy die tyd het om te gee, is ek seker daar is dingetjies wat jy kan doen om dit vir die personeel en inwoners bietjie makliker te maak? Soos bv die ou tannies se hare gaan doen, terwyl hulle dan ‘n kansie het om met jou te gesels, en sommer spiekeries te voel as julle klaar gekuier het. Dis ‘n mooi ding wat jy wil doen! Sterkte!

    Reply
  4. Ek dink ook (soos Dellie hierbo) jy moet dalk ‘n begin maak om jou hulp te gaan aanbied by sulke plekke. Miskien is daar iets spesifiek wat jy kan doen wat jy nog net nie weet nie, maar wat sal kop uitsteek as jy met ietsie kleins begin.
    Wonderlik!

    Reply
  5. Wonderlike idee. Meer van ons moet dalk so begin dink.

    Reply
  6. ek het hierdie selfde “feeling” en ek weet nie is dit met die nadere kersseisoen wat my laat besef ander mense gaan dalk nie eers ‘n lekker dingetjie op die tafel kan he nie.

    lekker dag

    Reply
  7. Hi,

    Ek weet dis nou al lank na die oorspronklike thread, maar hierdie vraag dwaal nou al 2 jaar in my binneste rond. Wat het jy toe gedoen?

    Ek het vanoggend sommer gedink ek gaan die vraag google en toe kom ek op die thread af. Enige idees oor hoe ek dit moet nader? Ek weet ek moet geduldig wag op wat God vir my beplan en dat Moses byvoorbeeld 40 jaar moes wag om sy ding te doen. Die ding is net dat ek iemand is wat graag dinge nou gedoen wil he en ek weet dat dit iets groot is wat ek moet doen, maar wat dit is, die weet ek nou nog nie.

    Anyways, lekker dag aan almal!

    Reply
  8. wat my bang maak is wat nou in ons land aan die gang is waat en waar heen wat as geweld uit breek of oorlog

    Reply
  9. Ja, ek dink dit begin by die oopstel van jouself sodat God jou kan vorm en voorberei vir wat Hy vir jou beplan. Hy ken jou uit en uit met jou goeie en minder goeie hoedanighede. Hy weet wat om in jou lewe toe te laat sodat jy meer en meer na die beeld van Jesus gevormeer kan word en die minder goeie hoedanighede verander kan word. En jy moet weet jy is indiensopleiding, jou vormering is in vlakke gedeel en op elke vlak is daar mense om jou wat jy moet beinvloed deur jou voorbeeld en wanneer nodig deur woorde en in die proses is God besig om om in jou te werk en te wil werk na Sy welbehae. Dit is ‘n fantastiese proses, maar die grootste voorvereiste is om jou hart vir Hom te gee en dan bereid te wees om ‘n verhouding met Hom aan te knoop en toe te laat dat Hy jou vorm. As jy vaal op te staan as jy staan bereid wees om nederig te wees ander in die oe te kyk en te besef dat God almal ewe lief het en vir elkeen ‘n Godsplan het.
    Sterkte, dit is ‘n pad wat ek nie vir enige iets in die wereld sou wou verruil nie!

    Reply
  10. Weet nie of iemand eintlik nog hierdie een volg of nie, maar net om ‘n bietjie ‘n “update” te gee oor my situasie. Ek het verlede jaar (2011) begin om voltyds te studeer vir predikant in die die NG Kerk – dit op die ouderdom van 35.

    Wat Gerhard hierbo sê is so waar. Wannneer ons met heirdie gevoel begin rondloop en eintlik half worstel, is die beste ding om alles geheel en al in God se hande oor te gee. Ek het geleer dat die oomblik wanneer jy besef dat jy nie in beheer van jou lewe is nie – daai oomblik – dis wanneer jy een tree nader aan die waarheid is. Ek het geleer dat as ek met alles wat ek het en in alles wat ek doen geheel en al op God vertrou – dinge soveel beter gaan. Dit gaan nie noodwendig makliker nie, maar dit gaan beter – juis omdat jy leer om in geloof en volle afhanklikheid te lewe.

    Om te weet dat jy deel is van God se groot plan (wat dit ookal mag wees) is wonderlik. God het ons nie nodig nie, maar Hy wil ons hê en Hy wil hê dat ons deel is van Sy plan. Dit gaan nie oor wie ons is of wat ons doen nie, maar oor wie Hy is en wat Hy doen.

    Vrede en voorspoed vir julle almal!

    Reply
    • Wow! Ek het sommer die vraag ingetik en op hierdie afgekom. Ek worstel met die vraag of ons n 3 jarige dogtertjie uit n kinderhuis vir naweke en vakansies moet vat en na ons huis bring. Ek ht 3 seuns v my eie en hunker steeds na n dogtertjie, d begeerte gaan nie weg nie. Ek is reeds 43 en kan nie nog kids he nie. Ek is bang dis my eie begeertes! My man is nie eintlik so oop daarvoor soos ek nie. Wat moet ek doen?

      Reply
  11. Al waar aan ek kan dink is om gemeenskap werk om kinders en oumense te doen ! ! Dis al wat ek kn afleei as eka so lees !! Maar bid die Here sal dit nog laat gebeur

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: