RSS Feed

My beurt…..

Posted on

Jip, ek is ook getag deur Joann. Dit beteken ek moet 8 dinge hier neerpen wat ander bloggers moontlik nie van my geweet het nie.

Nou ja, hier is dit:

1. Ek is vrek bang vir vlêrmuise. Ek raak heeltemal histeries as hulle so bo my kop vlieg!!

2. Ek is ‘n baie groot familie mens. My familie beteken die wêreld vir my. Ons as familie is baie geheg en spandeer soveel moontlik tyd saam deur. As ons almal bymekaar is, is ons 27 mense. Dis nou my ouma met haar kinders en hulle gades en kinders, met dié se gades en kinders.

3. Ek hou nie daarvan om in die see te swem nie.

4. Ek wil baie graag nog kinders hê. Ek is mal oor kinders!! (Ek moet nou net die regte man ontmoet)🙂

5. Ek het in St. 9 (graad 11) ‘n sigaret gerook en net daar besluit nooit weer nie – dit was walglik!! Yuck!!!

6.  Ek sal ‘n deel van my hare om my vingers draai as ek moeg raak. Hehe, ek sien my seun doen dit ook.

7. Ek het op 31 my eerste kar gekoop en uit die showroom gery – what a feeling om te weet dis nou myne!!!!

8. Ek is ‘n eksotiese danser!!!! Whahahaaa – ek wou ook net iets opwindend sê. Nee, ernstig nou, ek was ‘n ballerina en het groot drome gedroom om eendag ‘n Prima Ballerina te word. Dit het nie so uitgewerk nie. Ek is nog steeds mal oor dans!!

Nou daar het julle dit – glad nie baie interressant nie! Ok, nou moet ek ook iemand ‘tag’. 

Ek tag vir  Feetjieland en Hexi.

Lekker naweek almal!!
E

4 responses »

  1. Ek stem saam met nommer 3, en ek is bly oor nommer 5! As jy eers begin, is ophou BAIE moeilik!

    Oor nommer 8 – hoekom gaan doen jy nie bietjie paaldanse nie? Vra vir SS, sy het al en dit baie geniet! Jy het mos die ritme en al daai goodies…😆 neem net foto’s en kom wys, hoor!

    Reply
  2. Ai vriendin, sal die tag-ding doen wanneer ek bietjie meer tyd het…maar nou weet ek darem bietjie meer van jou🙂

    Reply
  3. lol@nr8! Ek’s ook bang vir vlermuise.

    Reply
  4. Nee kyk nou weet ons ook meer van jou. Ek stem saam Roer, daardie vlermuise is nie vir my gebou nie. Ek is vrek bang vir hulle. Ek is mos vertel dat as hulle in jou hare invlieg is dit nag … gie gie wonder steeds of dit waar kan wees.

    Jy is gelukkig om so besondere familie te hê … waardeer dit.

    Ai ai ai die Dellie is weer lekker stout met haar paal danse …en arme SS!! Wonder of balet goed lyk om die paal … op die toontjies. Mmmm miskien is Dellie tog reg, plaas foto’s asb!! (wil nie uit mis!!)

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: