RSS Feed

Verjaarsdag en heerlike naweek..

Posted on

Sjoe, wat ‘n woeste Maandag!!! Ek het net begin werk en skielik is alles van lyn af.

Eerstens wil ek vir my sus wat gister verjaar het, baie geluk sê! Hoop jy het ‘n wonderlike dag gehad en dat jy die Here se seën sal ontvang in alles wat jy aanpak. Ons is lief vir jou!!!

Ons was die naweek by Aldam gewees vir die kantoor se aflsuitingsfunksie – all expenses paid!!!! Dit was ‘n fees!

Vrydagmiddag het ons daar aangekom – my seuntjie baie opgewonde oor die naweek wat voorlê! Ek moet darem net eers vertel dat ek vir Ben-Arthur gesê het hy kan daar swem as dit nie reën nie. Groot was sy verontwaardiging, want soos hy toe sê: ‘Mammie moet ek in die dam saam met die visse swem?’ Nadat ek hom gerusgestel het dat daar wel ‘n swembad is, kyk hy my met groot oë aan en sê: ‘ Mammie, Aldam is ‘n dam!’ Hehe!!

Vrydag het ons nie veel gedoen nie en net rondgeloop en gekyk waar is die swembad en die saal waar ons etes bedien gaan word.

Saterdag was ‘n lieflike dag en ons het sommer vroeg ons plekke langs die swembad ingeneem. Die son was warm en almal het ‘n lekker gebrand. Later het ek Ben-Arthur gevat om supertube te ry. Dit was sy eerste keer en soos julle kinders ken kon ek hom nie daar afkry nie. Hy het dit gate uitgeniet!!! 

 Ons het ook putt-putt gespeel(ook Ben-Arthur se eerste keer). Hy het elke keer as die bal in die gaatjie val geskree: Jippeeee!

Sondag was nie ‘n lekker dag nie. Die wind het yskoud gewaai en toe was die laaste swem voor ons ry ook nie ‘n opsie nie. Ons het toe net na ontbyt opgepak en die pad huis toe gevat.

Dit was ‘n heerlike naweek en Ben-Arthur het al klaar gevra wanneer ons weer soontoe gaan. Dit is beslis ‘n plek waarheen ek en hy volgende jaar sal gaan vir ‘n naweek!

Jammer dat ek nie foto’s het om te wys nie, maar sodra die foto’s gereed is sal ek dit opsit en vir julle wys!

Lekker week verder!

E

One response »

  1. Dit klink lekker! Dis vir my altyd so treat om my seuntjie aan iets nuuts bekend te stel. Sy opwinding en entoesiasme laat my weer met nuwe oe na goed kyk. Hou mens jonk, ne!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: