RSS Feed

Hartjie aartappel.

Posted on

Hartjie aartappel

My vriendin het hierdie aartappel in die sakkie gekry wat sy gekoop het. Dit was nogal oulik en my seuntjie was verstom dat mens so aartappel kry. Julle kan julle seker indink hoe lank dit gevat het om die verskynsel te verduidelik.

Hier is ‘n oulike aartappel storie:

’n Grappige aartappel-storie 

D

IE volgende aartappel-staaltjie uit die Anglo-Boereoorlog is nie waar nie, maar tog amusant.

’n Bejaarde pa het tydens die oorlog iewers alleen op ’n Karoodorpie gewoon, maar hy het niemand gehad wat sy tuin vir hom kon omspit sodat hy ’n voorraad aartappelmoere kon plant wat hy present gekry het nie. Sy seun kon hom nie help nie, want hy was ’n Kaapse rebel en is deur die Engelse gevang en opgesluit.

Toe skryf die ou man vir sy seun in die gevangenis en vertel hom van sy verknorsing.

Die seun het teruggeskryf: “Pa, om hemelsnaam nee, moenie die tuin laat omspit nie, dis waar ek die gewere begrawe het!”

Nog voor ligdag die volgende oggend is daar ’n dosyn Kakies (Engelse soldate) op die werf wat drie uur lank oral in die tuin dolwe op soek na die versteekte gewere. Maar hulle kry niks nie.

Skoon dronkgeslaan skryf die ou man toe weer aan sy gevange seun en vra hom wat hom nou te doen staan.

Waarop die seun hierdie antwoord stuur: “NOU kan Pa maar die aartappels plant!”

2 responses »

  1. 🙂

    IS ‘n cute store…. at least gesorg vir ‘n smile!!!!!!!!!

    Reply
  2. sonneblomseplekkie

    Hi Kokkewiet,
    Dis seker waar die gesegde “‘n Boer maak ‘n plan ” vandaan kom….hehehehe. Baie oulik🙂
    Groete
    Sonneblom

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: