RSS Feed

Verlof!!!

Posted on

Ek het vandag goeie nuus gekry!! My baas het besluit ons sluit al vandag die kantoor – ‘n hele twee dae ekstra vir my. Jipeeeeeee!!!

Ek wil almal ‘n baie Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2008 toewens. Die van julle wat gaan ry, ry asseblief veilig en kom veilig terug.

Ek gaan ook bietjie rus en as ek myself langs die swembad kan wegskeur sal ek kom inloer wat by julle almal aangaan. As ek dit nie kan regkry nie🙂 , sal ek volgende jaar terug wees.

 Ek los julle met hierdie stukkie!!

Die vreugdes wat Kersfees spel 

KKyk met die geestesoog op na Hom wat van God die Vader gestuur is om ons van sonde te verlos sodat ons die ewige lewe kan ontvang.

E – Eer Hom vir sy liefde, getrouheid en beskerming en evalueer opnuut sy seëninge.

R – Reik uit na ander in 2008 met liefde, offervaardigheid en verdraagsaamheid.

S – Sing elke dag ‘n loflied om die Here te prys vir sy nabyheid.

F – Feestelik is my lewe, omdat ek elke dag op Hom kan vertrou vir geestelike en tydelike behoeftes.

E – Eerbiedig God se gebooie – Hom bo alles lief te hê en my naaste soos myself.

E – Eervol sal sy beloning wees vir diegene wat getrou gebly het tot die einde.

S – Seënbede van Numeri 6:24 aanvaar ek van Hom vir 2008:

“Die Here sal julle seën en beskerm. Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees. Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee”.

 E

4 responses »

  1. Sê vir jou baas ek sê “great minds think alike”, want ek het al lankal my verlof ingesit sodat vandag my laaste dag is.

    Dankie vir die mooi woorde, ook aan jou en jou familie ‘n wonderlike geseënde Kersfees, en ‘n mooi 2008!

    Reply
  2. Hi Elmien, ‘n pragtige en geseënde kersseisoen word jou ook toegewens.

    Ons sien uit na 2008, waar ons weer lekker kan gesels en vol vars nuus gaan hê.

    Dankie ook aan jou, met ‘n pragtige posting … daardie woorde is treffend!!

    Reply
  3. Geniet jou vakansie! Geseende Kerstyd vir julle! Vrede, vir die hele jaar!
    Liefies Tersia

    Reply
  4. Kokkie,

    Mag jy die jaar uitgaan met n BANG, en mag 2008 vol mooi, goed en lekker wees, n jaar waarin jy drome sal verwesenlik, waar jy gaan lag dat jou tone krul, jou trane gevul met blydskap wees, en mag jy in die jaar wat kom, net vreugde, vrede, liefde en geluk ervaar…

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: