RSS Feed

Terug van verlof. Eerste skooldag. Verjaarsdag…

Posted on

Ek is terug na ‘n heerlike ruskans. Ek wil vir almal van julle ‘n baie voorspoedige nuwe jaar toewens en mag al julle drome bewaarheid word!!

Soos julle seker weet het die Vrystaatse skole Woensdag (9 Jan) begin. Dit was ook my seun se verjaarsdag.

Dit was DIE dag vir ons want hy het 7 geword en ook Graad 1 toe gegaan. Soos die mammas wat hier lees sal weet, was my hart erg seer. Ek het vroeg opgestaan Woensdagoggend en na ek stiltetyd gehou het, my hart uitgehuil oor my baba wat nou skool toe moet gaan!!

Ek het vroeg die oggend die radiostasie OFM gebel en gevra dat  hulle asb. ‘n boodskappie moet uitsaai. My ouers het ook gebel. Hulle saai altyd verjaarsdagboodskappe uit. Groot was Ben-Arthur se verbasing toe hy sy naam oor die radio hoor. Hy het aandagtig geluister na die gelukwense en ook die goeie wense vir sy eerste skooldag van my en sy ouma en oupa. Daarna het die omroepers gesing, hy was so opgewonde en het sommer op die bed op en af gespring.

Ben-Arthur was vreeslik opgewonde en kon nie wag vir sy eerste skooldag om te begin nie. Tydens die saalopening het hy kort-kort vir my gevra wanneer hy nou na sy klas toe kon gaan. Na die saalopening, stap ons na sy klas toe en sommer sonder huiwering groet hy my en verdwyn by die deur in. Ek was so trots op hom, maar ook hartseer.

Ek het hom gaan haal toe die skool uitkom en hom bietjie bederf vir sy verjaarsdag. Gelukkig kon hy darem ook sy pa sien op sy groot dag.

Hy het ook sommer vanoggend vir my gesê dat hy van Maandag af alleen na sy klas toe sal loop. Hy is al klaar so onafhanklik dis maar moeilik om te laat gaan sodat hy tot sy volle potensiaal kan groei.

Ek sal julle hier op hoogte hou van al die gebeurtenisse tydens Ben-Arthur se eerste skooljaar.

So het hy gelyk opsy eerste skooldag!!

BA eerste skooldag

Lekker naweek vir almal!! Ek sal weer by almal gaan inloer!!!

E

5 responses »

  1. Hehe! Ek’s seker ek het skool van dag 1 af gehaat!!!

    Jy kan trots wees op hom!!

    P

    Reply
  2. Voorspoed. Jou seun is oulik, geniet hom!

    Reply
  3. Ai, hy lyk pragtig.
    Dit was weer my dogtertjie se eerste dag in Graad 0. Gelukkig sommer by dieselfde kleuterskool as wat sy die afgelope 3 jaar is. So volgende jaar is ook die groot aanpassing van ‘n NUWE skool.

    Reply
  4. Joune begin, myne is klaar. Sterkte vir die volgende 12 jaar! Hy lyk te spoggerig!

    Reply
  5. Jou seun lyk pragtig! ‘n Ma is baie trots op daardie “Eerste dag”- foto! Sterkte vir die volgende 12 jaar – ‘n ma gaan dan nog ook deur dieper waters….. Ek bid net altyd vir die regte maats, want maats kan ‘n kind maak of breek!
    Liefies

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: