RSS Feed

Mystery Man…

Posted on

Soos julle weet is ek nou moeg vir alleen wees en my vriendin het besluit om my aan iemand voor te stel. Laas jaar het sy probeer reël dat ons mekaar ontmoet, maar dit het nie gerealiseer nie. Net voor ek met verlof is en haar gaan groet het, het sy gesê dat sy maar iets vir die nuwe jaar sal reël. Ek was nogal bietjie terleurgesteld, want sy het my baie nuuskierig gehad oor die man.

Terwyl ek ‘n heerlike vakansie gehad het, het ek ook ‘n sms op Oukersdag van iemand gekry wat nie sy naam wou gee nie. Al wat hy wou sê is dat as ek terug is in Bloemfontein sal ek sy naam weet. Nou ja, die mense wat my ken weet hoe nuuskierig ek is en raak as ek sulke antwoorde kry. Ons het die hele aand met sms’e gesels en ek het aanhou dink wie dit kan wees. Ek het toe ook my vriendin gevra of sy my nommer vir die ou gegee het.

Sy het my Kersoggend gebel en gesê ja sy het en wou weet of hy my gebel het. Ek vertel haar toe van die sms’e en ons vergelyk die nommer en dit is toe ‘die uwe’! Ek het toe darem ‘n naam, maar besluit om saam te speel.

Ons het die hele tyd wat ek met verlof was so gesels, toe ek terug in Bloemfontein is het ek hom laat weet dat ek terug is. So het ons nog ‘n week gesels en hy het toe Sondag(13/1) kom koffie drink.

Wow, hy het my voete onder my uitgeslaan. Hy is fantasties met my kind, my kind is mal oor hom. My vriendin was reg – dit is regtig ‘n goeie man!!

Ons het nou al ‘n paar maal gekuier en ek moet erken ek het daardie heerlike ‘butterfly feeling’ as hy aan my raak of net na my kyk, maar ek het besluit om rustig te wees daaroor en alles net dag vir dag te vat.

Ek het vir die laaste 6 jaar elke dag vir die Here gebid en gevra om iemand oor my pad te bring wat my gaan liefhê vir wie ek is en wat my as vrou gaan respekteer, maar hy moet net so klein bietjie meer vir my kind oomgee as vir my. Nou ja, hy het Sondag toe hy vir die eerste keer kom kuier het, dit wat ek wil hê in soveel woorde gesê hoe hy is as hy in ‘n verhouding is, sonder om te weet waarvoor ek al die jare gebid het.

Ek glo dat as dit die Here se wil is en dat Hy ons bymekaar wil hê, sal dit so gebeur. Ek geniet elke oomblik saam met hom en ek weet hy is ook ‘n kind van die Here!!

Dis heerlike om weer so lewendig te voel, ek het na my egskeiding gedink ek sal nooit weer so voel nie!!! Dis wonderlik!!!!

Ek is seker 2008 gaan my jaar wees!!!!

E

6 responses »

  1. Ek is baie, baie bly vir jou part. Sonder liefde in mens se lewe, is dit maar ‘n dorspad wat ons moet loop. Maar, ek kan nie help om jou te waarsku nie, wees tog net versigtig en vat dit rustig. Gee dit tyd . . .

    Reply
  2. Hi Kokkewiet ek is soooooooo bly vir jou part! Sterkte en ja vat dit maar rustig, julle albei moet mekaar eers GOED leer ken. MAAR bowenal, geniet elke oomblik.
    Ek dink aan jou.

    Reply
  3. Ek stem saam met rb, leer ken ook sy vriende en familie dat jy seker kan wees dat jy die ware hy leer ken.

    Intussen, geniet dit!

    Reply
  4. Corli van der Merwe

    Hi

    Ek was vandag vir die eerste keer op jou blog en wou maar net hallo sê. Dit is lekker om te sien daar is nog Bloemfonteiners by WordPress! Baie sterkte met die nuwe man in jou lewe, ek weet uit ervaring dat dit maar `n tricky maar hemelse ervaring kan wees. Kom loer gerus by my in, ek gesels graag.

    corli

    Reply
  5. en hoe vorder die dinge of die liefdeshorisonne?

    Reply
  6. Is Jaco die mystery man? Man, ek is so bly vir jou!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: