RSS Feed

Deurmekaar post…..

Posted on

Vrydag was ‘n heerlike dag. Dit was Ben-Arthur se eerste kleuratletiek byeenkoms en hy het dit gate uitgeniet. Ek het die dag verlof ingesit om dit saam met hom te kon deel.

Die Graad 1’s het die 60km en 80km gehardloop. Hy was 5de in die 60km en 6de in die 80km. Ek was baie trots op hom en was bly dat ek daar kon wees.

Vrydagaand was die massabraai by die skool en ons was ook daar. Genade, wat ‘n samekoms van ouers en kinders. Ons  het die hele rugbyveld vol gesit – dink maar hoe vol ‘n rugbyveld kan wees met kinders van Graag R tot Graad 7 en hulle ouers en boeties of sussies. Elke graad het sy eie braai gehad en so het ons mekaar beter leer ken. Dit was heerlik selfs die ysige wind wat opgesteek het, het niemand gekeer om nog lank te kuier nie.

Saterdag was heel rustig en ek het nogal met so hartseer gevoel opgestaan. Ek het geweet waarvandaan die gevoel kom, maar wou nie uiting daaraan gee nie, want ek het myself belowe om dinge rustig te vat. J het nagskof gewerk en ek het geweet dat ek hom nie weer voor Maandag/Dinsdag sou sien nie. Dit het net gevoel asof ek iets mis, wat eintlik daar moet wees. Hoe is dit dan moontlik dat ‘n eenvoudige sms soos ” Geniet jou aand en soet wees” dan so groot verskil maak oor hoe jy voel?

Hoe gebeur dit dat mens gevoelens vir iemand ontwikkel sonder dat jy bewus is daarvan? Dis soos iets wat jou van agter bekruip en as jy sien is dit net daar. Dit maak my nogal bang as ek dink ek het omtrent 10/11 jaar laas so gevoel. Dit voel so onwerklik en ek voel nou so onkundig daaroor soos toe ek vir die eerste keer in my lewe so gevoel het.

Ek weet dit klink nie reg nie, maar dit voel ek nou vir die eerste keer in my lewe verlief (kan ek dit maar sê) is. Dit voel so lekker en tog vreemd.

Ek is baie versigtig om nie te vinnig iets te sê wat hom die skrik op die lyf sal jaag nie.

Ja ek weet hierdie dinge klink so onsamehangend, maar ek weet nie hoe om anders te vertel nie. Soos wat ek hier tik, kry ek bietjie antwoorde ook, maar nie genoeg nie.

Liewe genade, kan iemand wat amper 33 is, so deurmekaar wees dat sy nie weet watter kant toe nie. Die ander ding wat my so versigtig maak, is my seun. Ek kan nie meer nou net aan myself dink nie – ons is nou twee wat gaan seerkry as dit nie werk nie.

Hy is alreeds so mal oor J, dat hy gisteraand weer gevra het wanneer Oom J weer kom kuier.

Ek kan maar net aanhou bid dat alles ten goede sal uitwerk as dit die Here se wil is.

Sjoe, maar dis ‘n deurmekaar post. Verskoon maar julle, die volgende een sal beter wees!

E

4 responses »

  1. Toemaar onse vergewe jou oor die deurmekaar spul (sic!!) Dis wat geliefdheid maak aan mens. Dis seker ook die lekkerste gevoel wat daar is. Maar soos in di evorige comments van mede bloggers, vat dit kalm. Laat dinge hul gang gaan en geniet elke oomblik.

    Baie geluk ook aan groot man vir sy eerste dag op skool. Ek hoop hy geniet hierdie 12jr van hom. Jy moet net vir hom se dat hy moet oppas dat die onnies en groter kinders hom nie boelie om vir die Cheetahs te skree nie!!

    Hou ons op hoogte van jou vordering en ja …. gaan groot!!

    Reply
  2. Seker nie km nie, maar m? Ek kan nie dink dat sulke kleintjies 60km moet hardloop nie . . .

    Reply
  3. Sjoe, ek het gedink dis ‘n deurmekaar post, maar ai ek het nie gedink dit was so deurmekaar nie.

    Jy is reg Krista dis 60m en 80m.

    Ek sou my kind langs die pad moes gaan optel het as dit km was!

    Reply
  4. Waar het ek van die bus afgeval?? Ek is bly om te hoor daar is ‘n man op die horison! Dalk is 2008 JOU jaar!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: