RSS Feed

Storms rondom Steve!!!

Posted on

Ja, die bom het gebars en dit het behoorlik gebars. Wat kan ek sê wat nog nie gesê is nie? Ek was so geskok toe my vriendin vir my die Rapport wys. Ek wou nie glo wat ek sien en lees nie. Dit wat ek hier gaan tik is my mening en jy is welkom om kommentaar te lewer.

As vrou wat deur dieselfde is as waardeur Natasha nou moet gaan, kan ek sê dat ek ‘n klein bietjie weet hoe dit voel. Ek sê ‘n klein bietjie, want myne was nie so in die openbaar oopgevlek nie.

Dis hel om uit te vind dat jou man vir wie lief is, vir wie jy alles gee en doen, ‘n verhouding het met iemand anders en boonop amper so lank as wat julle getroud is. Ja, ek is daardeur, my eks het net meer as een ander vrou gehad in die tyd wat ons getroud was. Ek het geweet van een en van die ander het ek uitgevind nadat ons geskei is.

Natasha, ek verstaan waardeur jy gaan. Ek wil net sê as jy oortuig is dat jy Steve lief het en jy weet dat julle dinge kan uitwerk doen dit dan. Die Here sal jou bystaan in dit wat jy besluit en ek weet jy sal die regte besluit neem!!! Ek bid vir jou en jou gesin!

Steve, ek is ‘n groot fan van jou en het jou altyd verdedig as iemand iets slegs van jou te sê gehad het. Ek het regtig gedink dat jy ‘n nuwe blaadjie omgeslaan het toe jy met Natasha getroud is. Ek het jou bewonder omdat jy nie jou ander kinders in die steek gelaat het nie. Ek hoop regtig die storie van die aborsie waarvan Janine praat NIE waar is nie. Mag dinge tussen jou, Natasha en Janine uitgesorteer word.

Ek is baie teleurgesteld en geskok! Ek hoop en bid dat jy nou die regte keuses sal maak! Onthou net dat Natasha en jou kinders nou jou eerste prioriteit is. Ek hoop ook dat die waarheid sal seëvier ongeag wat dit gaan wees.

Ek bid net die Here se genade vir julle as gesin toe! ‘n Mens moet ook nie te gou oordeel nie – daar is net EEN wat dit mag doen! Sterkte vir julle!!!!

Ek het hierdie hier geplaas, want ek kon ongelukkig nie ‘n comment op SSSB los nie!

Altyd ‘n Steve fan!!!!

E

3 responses »

  1. Ek sal ook altyd ‘n Steve fan bly. Gaan beslis nie ontslae raak van sy cd’s nie.

    Reply
  2. Ja nee, die man KAN sing. Dis hoekom hy bekend geword het, is dit nie?

    Reply
  3. Ja mens weet ook nie meer wat om te glo nie. Dan wil die een daardie een dagvaar en so lees ons, maar sien nooit die hofsaak.

    Maar nou ja, my beskei gevoel/mening is ” … egbreuk is egbreuk” … PUNT!!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: