RSS Feed

RIP

Posted on

Roelf ReineckeHierdie hele week was glad nie ‘n lekker week nie. Vandag dink ek terug aan ‘n jaar terug en my hart is baie seer.

Die week ‘n jaar terug was dit die laaste keer wat ek saam met my baas, Roelf Reinecke, gewerk het. Hy was regtig ‘n wonderlike baas, en ons het ‘n baie goeie werksverhouding gehad. Ons kon ook soos vriende gesels. Tydens sy egskeiding kon ons lekker gesels en hy het my uitgevra omdat ek reeds daardeur is.

Daar is baie dinge wat seker bygedra het tot dit wat op 26 Januarie 2007 gebeur het. Ek loop nog steeds met vrae wat seker nooit beantwoord sal word nie. Daardie Vrydag was soos enige ander Vrydag. Ons het heerlik gelag en gesels en die volgende week se seminare en afsprake bespreek.

Groot was my skok en ontnugtering toe ek die Sateroggend ‘n oproep kry wat sê dat hy selfmoord gepleeg het. Ek wou dit nie glo nie!!!! Alles het dan so goed gegaan?? Wat van sy kinders waarvoor hy geleef het? My hart was stukkend!!

Hy was ‘n wonderlike man, pa en baas. Hy het altyd tyd gemaak vir almal en was altyd bereid om te help, maak nie saak met wat nie.

Dit was aaklig om terug te gaan kantoor toe en jy moet almal te woord staan en na al die simpatie praatjies luister. Die kliënte moet gebel word, afsprake gekanselleer word – dit was hel!!!!

Ek het die Maandagaand ‘n baie snaakse droom gehad: Ek het gedroom dat ons op kantoor is en die volgende oomblik stap Roelf daar in. Toe hy sien ek huil, vra hy wat is fout en ek is so verbaas om hom te sien dat ek nie kan antwoord nie. Hy moes ‘n paar maal vra wat fout is voor ek hom kon antwoord. Ek het hom toe gevra waar was hy. Sy antwoord was dat hy by sy huis was. Ek vertel toe wat gebeur het en hy bly sê dat hy by die huis was, maar dat hulle (dis nou sy kollegas wat die Sateroggend by sy huis was) hom nie gesien het nie. Hy het ‘n paar maal herhaal dat hulle hom nie gesien het nie.

Die Woensdag na die begrafnis het daar ook ‘n vreemde ding gebeur. Die oggend vroeg, net voor ek moes opstaan, hoor ek iets/iemand beweeg in my kamer. Ek het met my rug na die deur toe gelê en toe ek omdraai was daar niks. Ek het glad nie bang gevoel nie, inteendeel het ek baie rustig gevoel.

Nou ja, ons wat hom geken het, het ons teorieë oor sy eks, maar dis goed waaroor ek liewer nie sal praat nie.

Ek weet hy is nou by ‘n beter plek, maar ek wil so graag weet HOEKOM!!!!!

Die week was nogal soos ‘n emosionele roller coaster, want al daardie ‘happy’ oomblikke van daardie laaste week het aanmekaar by my opgekom.

Ek sal die 3 jaar wat ons saamgewerk het nooit vergeet nie!

Ons mis jou nog steeds Roelf!

E

4 responses »

  1. Ek wil my graag nie uitlaat teenoor selfmoord nie, maar nou ja sterkte en vertroetel daardei lekker tyd saam by die werk!!

    Reply
  2. Mens kan net wonder wat iemand tot sulke uiterstes dryf. Sterkte, en ek is bly hy het jou gehad met wie hy kon gesels. Soos Ebie se, koester die herinneringe.

    Reply
  3. Ai, dis ‘n seer storie. Niemand na aan my het nog ooit selfmoord gepleeg nie, so ek het nie ‘n idee hoe dit moet wees vir die wat agterbly nie.

    Ek kan ook maar net beaam wat Ebie en Boendoe sê, onthou die lekker en mooi tye.

    Reply
  4. Ja, die antwoorde op al ons hoekoms sal ons seker eendag uitvind.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: