RSS Feed

Waarvan ek nie hou nie.

Posted on

Alweer getag – ai tog. Hierdie keer het Wag-‘n-bietjie my getag en ek moet 10 dinge vertel waarvan ek nie hou nie.

1. Skynheiligheid – as jy nie van iets of iemand hou nie, moenie voorgee nie!

2. As ek in ‘n tou staan by ‘n winkel of bank of waarookal en die een agter my staan omtrent bo-op my. Liewe magtig, staan terug ek het ook spasie nodig.

3. Grootpratery – hoekom moet party mense altyd grootpraat en altyd beter weet al weet hulle eintlik boggerol.

4. Mense wat skielik voor jou indraai en jy jou remme so hard moet trap dit voel of jou voet enige oomblik gaan deurbreek en die teerpad raak en dan boonop so stadig ry dat jy ook teen ‘n slakkepas moet voortbeweeg.

5. MOENIE my laat wag nie – as jy my ‘n tyd gee wanneer jy sal opdaag, wees dan daar, moenie laat kom en verwag dat ek enige verskoning moet aanvaar nie. Ek haat dit om te wag.

6. Geskenke soek vir iemand wat jy nog nie lank ken nie of iemand wat alles het – liewe hemel waar begin mens?

7. Mense wat diere en kinders mishandel!!!!! Ek het nie nodig om meer hieroor te sê nie.

8. Iemand wat bel en as jy antwoord vir jou vra wat is jou nommer – magtig, jy het mos nou die nommer gebel, hoekom wil jy dan weet!!!!!!

9. Vuil badkamers, toilette wat nie gespoel word nie en nat sitplekke! SIES!!!!

10. Mense wat dink hulle kan my voorsê – VERGEET dit ek besluit self!!!

Nou ja daar het julle dit! Ek tag nou vir Anja, Lana, Stroopsoet en Corli.

Lekker dag vir julle verder. Môre kom vertel ek van BA se eerste krieketwedstryd wat hy vandag speel.

E

2 responses »

  1. sonneblomseplekkie

    Hi Kokkewiet,

    Daai wag ding is ook een van my swakpunte. Ek sien rooi as ek vir iemand moet wag. Dan verander ek sommer in ‘n monster. Ek sien meeste van die vroue wie getag is voel dieselfde oor space invation en toilet seats…lol. Dis dalk in ons gene? 😀

    Groetetjies
    Sonneblom

    Reply
  2. Ek dink met die toilet-gril-herhalings op baie blogs, skielik aan Daantjie Kat, en Zibbi. Miskien is dit weer tyd dat ‘n toiletbak die laerskole gaan besoek sodat kinders kan leer hoe om ‘n badkamer te gebruik!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: