RSS Feed

Mini-krieket; verjaarsdag…

Posted on

Gister het Ben-Arthur sy eerste mini-krieket wedstryd gespeel. Wat ‘n belewenis om al die kleintjies te sien, gereed met die kolf in die hand of met die bal in die hand gereed om te boul(?).

Daar was ‘n paar skole wat so teen mekaar gespeel het. Elke kind het ‘n beurt gekry om te kolf en boul(6 balle). Daar was seker so nege of tien spanne wat gelyktydig gespeel het op die rugbyveld. Die paaltjies is nie baie ver vanmekaar gesit nie en so het hulle ‘wedstryd’ gespeel.

Die outjies wat gekolf het, het lopies gehardloop maar as jou ses balle wat jy moet kolf nie verby is nie, en jy is dalk uitgegooi of die bal is gevang en jy eintlik uit moet wees, kan jy nog speel tot jy al 6 balle gekolf het.

As die bal ver geslaan word dan hardloop die hele spul om die bal te gaan haal!! Party kan jy sommer sien hou niks van veldwerk nie en sit sommer lekker rustig of staan hande gevou en kyk oral rond, behalwe om dop te hou wat by sy span gebeur.🙂

Dit was ‘n heerlike middag en dit was nog meer spesiaal vir my en Ben-Arthur omdat Jaco ook kom kyk het. Ben-Arthur was baie verbaas toe hy hom sien, maar baie bly.

Na twee ure se speel was die kleintjies poot-uit, maar hulle sien al klaar uit na die volgende wedstryd volgende Woensdag.

Vandag wil ek ook vir Lucy(my buurvrou se dogter) baie geluk sê met haar 15de verjaarsdag!! Ek hoop jy gaan ‘n wonderlike jaar hê en geniet elke oomblik daarvan.

Lekker dag vir almal verder!!!

E

3 responses »

  1. Ek onthou toe my seun krieket gespeel het op laerskool. Net die bouler en kolwer geniet die aksie. Die veldwerkers lyk of hulle nie kan wag om huistoe te gaan nie!

    Reply
  2. sonneblomseplekkie

    Hi Kokkewiet,

    Ja mens voel jy kan hulle opvreet van oulikgeit as hulle so klein en cute hulle ding doen op die veld. Watter spannetjie het toe gewen?

    Groete
    Sonneblom

    Reply
  3. Ek onthou toe Seun in graad 1 rugby gespeel het. Hulle was die middag besig met ‘n “wedstryd” toe een outjie bietjie laat opdaag. Al die ander was in hulle bruin truie en broekies, hy dog dis net ‘n oefening. Toe ek weer sien wip die klein mannetjie in sy spierwit t-hemp sommer hier tussen almal rond! Ons het so lekker gelag, hy het alle posisies vir albei spanne gespeel! Hulle is darem so cute as hulle klein is.

    Lekker naweek!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: