RSS Feed

Mammas..

Posted on

Ek het hierdie mooi stuk in my inbox gekry en moes dit net met julle deel. Hierdie is vir al die mammas en toekomstige mammas daarbuite!!!

VIR AL DIE MAMMAS

Dit is vir die mammas wat die hele nag regop sit met siek kleuters in

hulle arm, wat probeer opbeur met Enterprise Viennas en cherry

Cool-Aid en sê “Dis als OK Mamma is hier”

Mammas wat in “rocking chairs” sit vir ure aan een om huilende babas

te troos en te kalmeer.

Dit is vir al die mammas wat by die werk opdaag met melk vlekke op

hulle bloese en weggooi doeke in die handsak.

Vir al die mammas wat taxi moet ry en koekies bak en partytjie

kostuums moet maak. En sommer vir al die mammas wat dit nie hoef te

doen nie.

Dit is vir al die mammas wat geboorte gee aan babas wat hulle nooit

sien nie en vir die mammas wat die babas neem en vir hulle ‘n

liefdevolle huis gee.

Dis vir die mammas wie se onvervangbare waardevolle kunswerke aan die

yskas vas is met magnete.

Die is vir al die mammas wat hulle sterre vries op die metaal

paviljoen by die rugby of krieket wedstryd in plaas daarvan om dit van

die warmte van die kar sitplek af te kyk sodat as die outjie vra “Het

ma dit gesien” dan kan jy antwoord “Maar natuurlik, ek sal dit vir

niks in die wereld mis nie” en dit bedoel uit hulle harte uit.

Dit is vir al die mammas wat met hulle kinders sit en vir hulle vertel

hoe en waar babatjies vandaan kom. En vir al die (Ou)ma’s wat wil,

maar nie die regte woorde kan vind nie.

Dit is vir al die mammas wat honger bly sodat hulle kinders kan eet.

Vir al die mammas wat vir hulle kinders “Goodnight, Moon” twee keer

elke aand vir ‘n jaar lank gelees het en dit dan weer “net nog een

keer” lees

Dit is vir al die mammas wat hulle kinders leer om hulle skoenveters

self vas te maak voor hulle met skool begin en vir al die mammas wat

besluit het Velcro werk beter.

Dis is vir al die mammas wat hulle seuns leer kook en hulle dogters

leer om ‘n goeie opstopper te kan gee.

Dis is vir elke moeder wie se kop outomaties draai as hulle ‘n

stemmetjie hoor “mamma” sê in ‘n winkel al het hulle nie hulle kinders

saamgebring nie – of hulle sit ver weg in die kollege

Dit is vir mammas wie se kinders die pad byster geraak het, en die wat

nie bereik kan word nie.

Vir al die mammas wat hull lippe byt tot dit bloei vir die 14 jarige

wat nou weer haar hare groen gaan kleur het.

Wat maak ‘n goeie Moeder in elk geval?

Is dit geduld?

Is dit deernis?

Is dit die breedte van die heupe?

Is dit die vaardigheid om terselfdertyd ‘n baba te voed, kos te kook

en ‘n knoop aan te werk?

Of is dit net eenvoudig haar HART?

Is dit die pyn wat jy voel as jy jou seun of dogter sien verdwyn om

die hoek oppad skooltoe – alleen – vir die eerste keer?

Is dit die skok wat jou van slaap na vrees neem, vanuit jou bed na die

babakot haas om 2 uur in die oggend en met jou hand agter die koppie

van ‘n slapende babatjie staan?

Is dit die paniek, jare later. wat kom weer om 2 uur in die oggend as

jy wakker lê en wag om die gerustellende geluid van die sleutel in die

voordeur hoor en weet nou kan jy slaap, hulle is veilig onder jou

vlerk terug?

Of is dit die gevoel om te hardloop en jou kind ‘n drukkie te gaan gee

as jy hoor van ‘n brand, ‘n kar ongeluk, of ‘n kind wat sterwend is?

Die emosie van moeder wees is universeel, so ons gedagtes gaan uit na

ons jong moeders wat sukkel met doek omruil en te min

slaap…………….

En ouer mammas wat moet leer om te laat gaan.

Vir werkende mammas en vir by-die-huis mammas.

Enkel mammas en getroude mammas.

Mammas met geld en mammas sonder geld.

Dit is vir julle almal. Vir ons almal. “hang in there”

Op die ou end doen ons die beste na ons vermoë.

Vertel hulle elke dag dat jy lief is vir hulle en vir hulle bid .

“Home is what catches you when you fall – and we all fall.”

2 responses »

  1. Haai, oe, dis so mooi! Dit laat my spesiaal voel as ‘n mamma!

    Reply
  2. “En ouer mammas wat moet leer om te laat gaan.” Dis ‘n moeilike ene daai, glo my.

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: