RSS Feed

Wat ‘n naweek!!!

Posted on

Eerstens wil ek vir almal baie dankie sê vir al die mooi wense!! My dag was heerlik rustig en ons het heerlik gebraai.

Na die braai en na almal weg was en alles opgeruim was het die chaos begin. Ek het ‘n erge hoofpyn gehad en omtrent 1uur het ek vir my buurvrou (Adéle) gesê dat ek nou pille gaan drink en slaap sodat die hoofpyn kan weggaan.

Sy en haar vriend het nog koffie gedrink, saam met ons ander buurvrou(Yvette). Yvette het ongeveer 2uur ook gegroet en Adele se vriend het toe gesê hy gaan ook nou ry. Toe hy omdraai om uit te stap staan TA toe agter hom. Hy rig ‘n pistool op hulle en sê hulle moet sit.

Hy het hulle selfone gevra, Adele moes haar juwele afhaal en vir hom gee en ook haar handsak. Hy het ook al die kontant wat Ettienne byhom gehad het gevat. Ettienne kon sy selfoon wegsteek sonder dat hy gesien word.

Hy het toe ‘n skoot afgevuur en gevra waar is die derde persoon. Na Adele gesê het daar is niemand nog nie, het hy hulle in die kamer by die kinders toe gemaak en gesê hulle mag nie uitkom nie, want sal hy hulle skiet. Genadiglik het die kinders nie wakker geword toe hy die skoot geskiet het nie.

Hy het ook Ettienne se karsleutels gevra, maar kon nie die kar oopkry nie en hy is toe weg. Hulle het toe omtrent 6uur in die kamer gesit voordat Ettienne besluit het dat hy nie nou meer daar sal wees nie en het my toe kom opklop.

Die polisie het ‘n vingerafdruk gekry en het toe ook gesê dis iemand wat hulle al ‘n geruime tyd soek. Die hele Saterdag was ons almal so half in ‘n dwaal, want ons wou nie glo wat gebeur het nie.

Saterdagaand was ek nogal skrikkerig om te gaan slaap en het nie veel geslaap nie, want ek het elke geluid buite gehoor. Ek het op ‘n stadium ‘n hond hoor blaf, maar wou nie opstaan om te kyk nie. Sondagoggend toe ek van die kerk afkom, word ek vertel dat hulle dink die ou was weer daar. Een van die mans se hond het geblaf en hy het hom laat uitgaan en die hond het iets of iemand gebyt. Die speurder het kom kyk en Forensics het monsters van die bloed kom vat vir ontleding.

Gelukkig was dit gisteraand rustig en my naweek het op ‘n hoë noot afgesluit.

Ja, julle het reg geraai, Jaco was by my – hy was ongelukkig die naweek uitstedig. Die aand was great en ek is nog meer verlief. Hy laat my so goed voel en het my gisteraand weer heerlik laat lag, sodat ek van al die drama kon vergeet.

Ek hoop almal van julle het ‘n wonderlike naweek gehad. Lekker week vir almal!!

E

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: