RSS Feed

Ek is bang!!!

Posted on

Ek is bang, ek is REGTIG bang!!!

Gisteraand was vir my baie erg, my huis was half nege toegesluit en elke lig in my huis het gebrand. Ek was so bang om alleen te wees dat die trane geloop het. Dit was nou na Ben-Arthur gaan slaap het, want ek wil nie vir hom wys ek is bang nie.

Bernie, ‘n vriendin, het vir my die Bybelvers Jesaja 41:10 gestuur Saterdagoggend al en ek lees dit so baie. Gisteraand kon dit my egter ook nie rustig maak nie. Toe sy op ‘n stadium bel het ek geruk soos ek skrik toe die telefoon lui.

Ek haat dit om so te voel, ek het altyd veilig gevoel daar waar ek bly, maar nou, flippet nou is ek te bang om buite te sit en koffie drink. Ek dink die feit dat die mans wat oorkant my bly en nou konstant ‘n ogie oor ons hou nie een by die huis was gisteraand nie, het gemaak dat ek so bang was.

Ek het tot vir Jaco gevra om asb net ‘n rukkie na my te kom omdat ek nie alleen wil wees nie, ek het geruk soos ek bewe toe hy daar aankom en ek hom net vra om my vas te hou.

Nou ja, ek sal nie op die detail ingaan nie, maar hy het my rustiger gemaak en ek het beter gevoel toe hy ry.

Een ding weet ek net en dit is : EK HAAT DIT OM SO IN MY EIE PLEK BANG TE WEES!!!

E

10 responses »

  1. nou MOENIE bang wees nie… is die maklikste! Jy sal jouself net moet kondisioneer….. ek was waar jy nou is, en jy’s jou ‘kop’ se baas!!!

    Of…………….. wou jy net vir Jaco kry om te kom kuier? HEHE! Hy behoort mos in any case SELF daar te gewees het!!! Nie nodig gewees het vir jou om hom te vra nie? Ek sal hom moet mee gesels! 🙂

    Nee wat, ek’s seker te stupid of te trots, sal never as te never aan enige iemand erken as ek bang is nie…..

    Reply
  2. Ja Platt, ek wou hê hy moes kom kuier. Ek het hom gevra, want ek was eers by ‘n vergadering by die skool en toe ek by die huis is het ek hom laat weet dat ek by die huis is.

    Ek weet ek moet my kop regkry en ek was fine tot gisteraand toe, hoekom ek toe so bang was weet ek nie.

    Nou ja vanaand en môre aand sal ek maar sonder Jaco moet cope, want hy werk nagskof.😦 Hopelik sal ek nie so bang wees nie.

    Reply
  3. Aai… voorspoed! Dis nooit lekker om so bang te wees nie! Veral nie as jy aanhoudend allerhande geluide hoor nie. Hoop dit gaan gou beter en dat jy back to normal kan wees!

    Reply
  4. Ons is maar almal bietjie bangerig… maar soos Plattstejie sê: jy is jou kop se baas! Ek weet nie of hierdie vir jou gaan werk nie, maar ek dra myself, my liefie en my kinders elke oggend en elke aand aan die Here se beskerming, genade en in Sy wil op – en dan’s dit : ♪♫Que Sera Sera♫♪ – ek moet dit so doen, ek het nie die krag om heeldag (of nag) te loop en worry nie. Vir my werk dit! Take care!

    Reply
  5. Ons almal voel bang. Moet dit oorsit in paraatheid.

    Reply
  6. Sterkte – bangheid is ‘n verlammende gevoel.

    Reply
  7. Ek dink almal kry af en toe ‘n angsaanval. Soms heeltemal sonder rede. Ek moet se, ek stem saam met BB. Sterkte.

    Reply
  8. ((elmien)) vrees veral in alleenheid kan mens so magteloos laat voel, maar ek stem met die girls hierbo… jy moet vir jouself besluit of jy gaan toelaat dat die vrees jou lewe beheer of jy!

    Reply
  9. Ek doen ook maar soos BB sê, dra jou en jou gesinnetjie op aan die Here, en vertrou dan dat alles OK sal wees. Sterkte jong, ek weet dis nie lekker om bang te voel nie.

    Reply
  10. Tyd. Gun jouself ‘n’ bietjie daarvan. Dit gaan nooit heeltemal weggaan nie, maar sal baie beter raak met tyd.

    Ek is self al deur ‘n soortgelyke voorval. Meer as een maal. Maar elke keer maak tyd die meeste skade weer reg.

    Sterkte, een van die dae is jy weer jouself!

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: